Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Grotte het baie agteruitgegaan, koste by volstruisplaas vir toer baie duur duidelik gerig op buitelanders. Straat name nie duidelik aangedui."
"Die dorp se infrastruktuur het baie goed gegroei sedert my laaste besoek. Daar is uitstekende restaurante met besonderse atmosfeer."
"Montagu is 'n pragtige dorp met 'n heerlike atmosfeer. Interessante plekkies om te besoek, veral Affieplaas met sy lekker handgemaakte plaasprodukte, uitstekende diens en humor op die etikette van die produkte. Hoewel die pad vanaf Ashton na Montagu deur die "poort" onder konstruksie is met twee stop-en-ry punte, is dit die moeite werd om die roete te ry. Ons foto's van die mooi plekke gee baie kuierplek in ons herinneringe. "
"Montagu is in die middel van die Kaapse Plooi gordel met die mooiste bergtonnels denkbaar. Die argitektuur is oud en pragtig bewaar met etlike historiese monumente. Die omgewing se vrugte en wynplase is pragtige en daar is wonderlike bergklim staproetes om te geniet."
"Maak seker dat jy jouself genoeg tyd toelaat om alles te kan sien en doen wat die pikante dorpie jou bied."
"A great town with many things to see. Struisvogels, Stokstaartje, Bergen and much more. The surrounding is great with nice and helpful people."
"Kan bietjie warm word so kies die regte tyd van die jaar vir jou besoek. Pragtige plek soos al die ander dorpe in die Kaapse binneland en Karoo."
"Netjiese, skoon dorp met baie om te sien en Kango-grotte en Wildlife park is definitief 'n moet!"
"Nog nooit soveel oorsese toeriste op een dorp gesien nie. Oudshoorn het die wenresep."
"Oudtshoorn is eg Afrikaans en multikultureel. Ek hou daarvan en sal beslis weer besoek."
"Montagu is uit en uit een van die beste plekke vir besoekers. Outydse geboue, museums, klein markie, en so meer."