Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Ekt in Oudtshoorn groot geraak en sal altyd 'n sagte plekkie vir ons dorp hê. My voorgeslagte se grafte is daar, daarom gaan ek gereeld terug om te besoek. Jammer om te sien dat van die ou geboue verwaarloos en die strate opknapping benodig, maar wil voorkom asof dit die tendens is deesdae."
"Oudtshoorn is 'n baie aangename dorp en die mense is baie vriendelik! Daar is baie om te sien en doen in en om die dorp! Wens ons kon langer bly, maar ons sien julle gou weer!"
"We went to feed the elephants - it was a wonderful experience. But didn't get to do much as we were there for a wedding, Definitely returning."
"Lieflike, interessante dorp met asemrowende natuurskoon en besienswaardighede."
"Sien uit daarna wanneer die paaie klaar is om weer te gaan."
"A lovely clean town to visit with lots to see and friendly people."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste ou geboue. Die natuurskoon van die omgewing en die ligging van die dorp maak dit ook lekker om met 'n kamera rond te stap. Daar is altyd iets moois om af te neem."
"Sal baie graag weer wil gaan en meer tyd spandeer in die lieflike dorp en omgewing. Enige fotograaf se droom."
"Oudtshoorn is 'n ongelooflike toeriste bestemming vir 'n gesin met kinders. So baie goed om te doen!"
"Baie lekker plek om te besoek en daar is so baie om te doen. Sal weer kom kuier. "
"You MUST go to the Cango Caves, the Cango Wildlife Ranch and to go on an ostrich farm tour! So cool! "
"Dit hang af wat jou behoefte is, maar stilte en mooi natuurskoon sal jou hier begroet."
"Baie lekker dorp. Was redelik maklik om sekere paaie te kry, maar van dit is maar versteek. "
"Die padwerke is nogal 'n groot probleem en dit veroorsaak baie stop en ry. Dit was nogal moeilik om by ons plekkie uit te kom want die pad was toe a.g.v. die padwerke."
"Mooi skoon dorp met vriendelike mense en interessante plekke om te besoek."
"Just the right place to use as a basis when you want to explore the beauty of the Karoo or it's an amazing place for a tranquil break."
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."