Geverifieerde Resensie
Klerksdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klerksdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 231 resensies.
"Compared to its previous status, the town has deteriorated. Street lights and most traffic lights not working."
"Die dorp is groter as wat ek verwag het. Daar is oral besighede en ontwikkeling. In die omgewing is daar genoeg plekke om te eet. Ek moet wel sê die strate is in 'n haglike toestand. Regdeur die dorp waar ek gery het was slegte slaggate. Daar was baie en sommige is erg diep. Die dorp kort munisipale leierskap."
"Nie 'n vakansie plek nie. Ons was maar daar omrede dit al was waar ons kon slaapplek kry vir Nampo."
"Ek was daar vir Nampo en was verbaas hoe baie geriewe beskikbaar is in die dorp."
"Paaie is baie baie sleg en as jy nie die dorp ken nie, kan jy nie in die aand rondry nie a.g.v die slegte paaie."
"Soos met meeste van Suid-Afrikaanse dorpe, is die verval, veral die paaie, baie duidelik sigbaar en 'n erge frustrasie."
"Klerksdorp is nie regtig vir toeriste nie. Die verblyf is perfek vir mense wat familie in hospitale het en net 'n slaap plekkie nodig het. Daar is baie goeie hospitale in die dorp en die gastehuis is binne 'n 4 km radius vanaf almal."
"Klerksdorp is 'n pragtige plek, maar die paaie is vreeslik sleg en besaai met slaggate. Ek glo die winkels doen baie goed daar."
"Paaie is ongelukkig in haglike kondisie. Maar daaraan kan die dorp nou nie self iets doen nie."
"The roads are in a very poor condition due to a lot of potholes. Regardless the local populace is very friendly."
"Kies inkopie-plekke versigtig a.g.v. hoë misdaad. Vermy middestad. Matlosana Mall en Flamwood Walk voel veilig met alles wat jy benodig, ook die PicknPay hyper en omgewing."
"Ons hou nog altyd van Klerksdorp. Beplan om in die jaar daarheen te verhuis."