Verified Reviews
Kroonstad
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kroonstad
Rated 3.5 out of 5 based on 174 reviews.
"Hartseer om 2022 se dorp van die jaar so te sien. Paaie kort aandag en hoofstraat en omgewing, sien vervalle daaruit. Met heelwat bekende wegneemeetplekke, is daar net een restaurant waar 'n maaltyd genuttig kan word."
"Ons was daar vir Bokkieweek. Hulle was hierdie jaar meer voorbereid as verlede jaar vir ons duisende mense. Dankie ook vir die welkom "banner" in die hoofstraat. Dit word gesien en waardeer."
"Dis baie hartseer om te se, maar om eerlik te wees, Kroonstad bied nie veel aan 'n toeris nie. Dis 'n ware tentoonstelling van die agteruitgang wat die Vrystaatse munisipaliteite bewerkstellig het. "
"Paaie is in 'n toestand - slaggate oral. Skool het ten minste probeer om in hulle straat die gate toe te maak, maar verder moes mens versigtig bestuur om al die gate te vermy."
"Toestand van die paaie in dorp teleurstellend swak, maar ons weet hoekom. Ons kon by ingang na dorp sien hoekom dit die Dorp van die Jaar toekenning gekry het, maar o wee. Die res is maar wat ons oral teekom in ons eens mooi land."
"Dorp van die jaar in 2022, maar dis maar net 'n deel van die dorp. Baie verwaarlosing, stroping ens."
"We arrived when it was load shedding, so couldn't really see much, but driving out of Kroonstad the following morning the town looked pretty clean and it looks like a pretty little town."
"Pragtige ou geboue - veral die standbeeld van Sarel Cilliers is baie indrukwekkend. Ongelukkig is daar heelwat slaggate."
"Kroonstad is 'n netjiese dorp met potensiaal, maar soos vele ander dorpe in die land, stadig maar seker besig om agteruit te gaan weens die munisipaliteit se dienslewering."
"I guess as in any town the roads were bad half the time. Some parts you can see its due to the rain and the rest is just no road maintenance. Make sure for now you go with a bakkie and not small cars if you want to venture deeper into Kroonstad. It was my first time there. otherwise nice town."
"Geen. Laat daar aangekom na kwaai reën, lekker gebly maar weer vroeg in die pad gewees. Waarde vir geld."
"Die dorp is baie verwaarloos. Die gras is baie lank langs die strate en die teerpaaie is 'n nagmerrie."
"Vir 'n deurgang op pad, of familie-byeenkoms is Kroonstad lekker sentraal geleë. Ek het groot geword daar maar die dorp het baie agteruit gegaan. Die inwoners het egter in dele van die dorp baie opknappings werk gedoen en is Kroonstad gevolglik as Kwela Dorp van die Jaar 2022 aangewys. Nie baie toeristeaantreklikhede in die dorp nie."