Geverifieerde Resensie
Kroonstad
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kroonstad bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 174 resensies.
"Kroonstad is a good overnight destination between the Western/Eastern Cape and Gauteng/Mpumalanga."
"Ongelukkig nie veel ander goed om te doen in die area nie . Perfek as jy net wil rustig wees en so min as moontlik doen."
"Ons wou graag Kwêla se Vrystaatse dorp van die jaar sien en was beslis nie teleurgestel nie."
"Ons het net oorgeslaap. Ons het wel gaan eet by die enigste restaurant, wat die Spur is."
"Kroonstad nie ingestel op toeris, of persone wat langer as paar dae bly nie. Geen plekkie as koffiewinkel, of iets in diervoege nie. Wou melkskommel saam met ons kind drink, net Spur was daar, Wimpy op 'n onveilige plek in middedorp. Geen opsies."
"Die dorp het 'n samewerkende resep en verdien om "'n dorp v/d jaar kandidaat" te wees."
"Dink dit was eens baie mooi op sy tyd, maar sekere dele is nou vervalle. Ons 6 maande seuntjie was hardlywig, maar die apteek het niks in voorraad vir hardlywigheid nie (ook nie inspuitings nie) en ook genoem mens kry niks medisyne vir babas vir hardlywigheid nie. Onwaar. By die huis is al my medisyne. Voel net sekere besighede/winkels nodig maar 'n hupstoot. Ook, sal daarvan hou om meer opsies as net Spur te kan hê vir 'n restaurant. "
"Die dorp het baie agteruitgegaan. Kroonpark was destyds 'n gewilde juweel, maar lyk nou soos 'n nes. "
"Ons het 'n troue bygewoon by Vrystaat Safari - dit was 'n pragtige plek vir 'n mooi funksie."