Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Kruger National Park South

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger National Park South

Rated 4.6 out of 5 based on 3550 reviews.

Marloth Park, Kruger National Park South

3875 Eagle

"The antelope and birdlife is abundant and at night we could even hear the lions roar from across the river in the Kruger Park. The two little shopping centres in the main road also have pretty much everything one needs."

Kruger National Park South

Sabie River Bush Lodge

"Die suide van die Krugerwildtuin is altyd die moeite werd om te besoek as 'n mens heelwat diere wil sien. Wonderlike ruskampe, piekniekplekke en genoegsame roetes om die wildtuin in al sy skakerings en diversiteit te beleef. "

Marloth Park, Kruger National Park South

Granny's Place

"As jy waarde vir geld wil hê en nie die duurder pryse van die Kruger Wildtuin se chalets wil betaal nie is Marloth perfek. Omtrent so 30 min se ry van Krokodilbrughek af en reg langs die wildtuin, dit deel 'n grensdraad met die wildtuin teen die Krokodilrivier af. Toe ons sommetjies gemaak het oor die beskikbare verblyf in die wildtuin het ons gevind dat dit vir 6 mense R10/persoon duurder kos om in Marloth in lugversorgde gemeubeleerde huise te bly as om te kamp in die wildtuin self. Ja jy is nie IN die wildtuin nie, maar jy bly soveel geriefliker en vir soveel goedkoper dat dit steeds die moeite werd is. Die wildtuin chalets is power toegerus in vergelyking met wat jy in Marloth vir baie goedkoper kan kry. "

Marloth Park, Kruger National Park South

Majuli River House

"Baie lekker plekkie. Die diere is baie mak en kom kuier gereeld. Dit is net wonderlik om so tussen die diere te kan wees."

Marloth Park, Kruger National Park South

Marloth Kruger Lodges

"Die grondpaaie kort beslis bietjie aandag. Hulle toegangshek is 'n klug - want ons was daar Maandag tot Vrydag en hulle weet nou nog nie wie ons was of wat ons daar gedoen het of waar ons tuis was nie. Toe ons Maandag daar moes aanmeld was hulle opmerking dat ons kan deur ry, hulle het nie meer papier om mense in te teken nie. So as dit vir toegangsbeheer of sekuriteit is het hulle met lof gefaal."

Marloth Park, Kruger National Park South

Njala Lodge

"Die paaie kan verbeter word. Almal ry nie bakkies nie. Dit is 'n heerlike plek om weg te breek en 'n goeie ervaring met al die wild."

Marloth Park, Kruger National Park South

Serenity Du Bois Lodge

"Nice concept but it is very close to being over commercialised. We liked the fact that Du Bois Lodge had a big area not built up. "

Marloth Park, Kruger National Park South

Kudu Lodge

"Marloth Park was good although we had a feeling that it was not very safe there. The security leaflet and info let you believe that you should just about sit with all windows and doors closed at any time, that is not what I would consider a safe site. At the Bush Centre we were told by the restaurant that we would have to pay R3.00 for the toilet use? There are no other public toilets! So either there should be others or he should allow especially kids to use the toilets. "

Kruger National Park South

Ndzhaka Tented Camp

"Ons het nie juis die suidelike gedeelte besoek nie. Die verste suid wat ons was was Skukuza. Ons kon nie verblyf in die suidelike gedeelte van die park kry nie, maar jare gelede het ek in Biyamiti (privaat kamp) asook Onder Sabie, Pretoriuskop en Berg-en-dal gebly en het dit baie geniet. Berg-en-Dal was nou nie juis my gunsteling kamp nie, maar die ander kampe was aan te bevele. Daar is natuurlik meer water in die suidelike gedeelte van die park as wat daar tans in die noorde is. Weiding was daar baie skraps en dit was veral opmerklik by die buffels wat brandmaer en letterlik doelloos met groot moeite rondgeloop het."

Kruger National Park South

Elephant Walk Retreat

"Te besig, voel soos N1 tussen Johannesburg en Pretoria. Sal eerder minder diere sien in ruil vir stilte."

Marloth Park, Kruger National Park South

Phumangeni Marloth Park

"Vir mense wat lief is vir die natuur en die wilde diere is dit die regte plek om te besoek. Selfs met die droogte het ons baie wild gesien in die park self. Die nodigste items is beskikbaar in die klein winkeltjies. Daar is eetplekkies vir dié wat nie van 'n bos-braai hou nie. Marloth Park self is skoon en die mense van die omgewing vriendelik. "

Marloth Park, Kruger National Park South

Buffalo Chalets Marloth Park

"Marloth Park se mense is baie vriendelik en ons sal enige tyd weer by Marloth Park uitspan."

Marloth Park, Kruger National Park South

Kruger Calze

"Marloth is ons gesin se eerste keuse van 'n vakansiebestemming. "

Marloth Park, Kruger National Park South

Wildsbokkie Holiday Home

"Op die oomblik is dit maar baie droog in Marloth Park, maar dit bly nog 'n baie lekker plek om te gaan uitrus en kuier. "

Marloth Park, Kruger National Park South

Die Hartbeeshuisie

"Die paaie is op plekke amper onbegaanbaar. Marloth Park moet aandag hieraan gee."

Marloth Park, Kruger National Park South

Lions Roar

"Ons 1ste kuier aan Marloth en dit was regtig lekker, perfek in die bos, maar tog winkels en eetplekkies."

Marloth Park, Kruger National Park South

Ruslekka

"Marloth park is a nice place for vacation."

Marloth Park, Kruger National Park South

Jackalberry Ridge - Dream Resorts

"Puik toeristebestemming. Rustig en kan lekker uitrus. Die mak diere wat vry loop skep ongelooflike atmosfeer. Genoeg winkeltjies in Marloth Park om al die nodigste goedjies te koop."

Marloth Park, Kruger National Park South

Die Hartbeeshuisie

"Marloth Park is 'n lekker rustige park waar jy kan rondry en diere besigtig. Al wat ons kan voorstel: die winkels is te duur, en goedkoper produkte sal dit die moeite werd maak as 'n gesin inkopies wil doen. Verder is almal baie vriendelik en daar is van alles beskikbaar, net te duur. "

Marloth Park, Kruger National Park South

Maroela Chalets

"Marloth Park is pragtig geleë en regtig naby aan die Krokodilbrughek vir n dagbesoek aan die wildtuin en Onder Sabie tot by Krokodilbrug het baie olifante! Die mense is vriendelik en ons kon alles by die winkeltjies kry. Die enigste kritiek wat ek gehad het was LionPark maar dit moet voor die deur van Natuurbewaring gelê word, maar ter wille van besoekers aan Marloth park noem ek dit hier: Daar is amper geen wild in LionPark nie, behalwe rooibokke, koedoes en kameelperde en dan is hulle skaars. Vir 'n toegang van R85 (wat jy eers by Natuurbewaring aan die anderkant van die dorp moet gaan betaal) gaan ek eerder Kruger toe vir R140! Daar was plastiese sakke - nie die kommersiële tipe nie - maar eerder sakke wat soos voersakke gelyk het, wat in die veld naby Fanie se dam gelê het - te ver van die pad af, anders het ons dit opgetel. Ons was ook met 'n bakkie daar in, maar as ek met 'n sedanmotor gegaan het sou ek baie ongelukkig gewees het. Die paaie is baie sleg en daar was geen waarskuwing by die hek daaroor nie. Ek het ook probeer om die Wildbewaarder wie se nommer op die ingangspermit was in die hande te kry oor die plastiek, maar die nommer werk nie - gelukkig was daar nie iets meer ernstig nie. Ek sal enige dag weer Marloth Park toe gaan, maar LionPark sien ons nie weer nie!"

Marloth Park, Kruger National Park South

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Dis hartseer dat dit tans so droog is oral, maar hopelik sal ons gou reën kry. Marloth is aangenaam en lekker om net te ontspan."

Marloth Park, Kruger National Park South

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Net die ontsettende droogte - maar daaraan kan ons as mense niks doen nie!"

Marloth Park, Kruger National Park South

Manzini Chalets

"Swak toegangsbeheer. Baie indikasies dat sekuriteit 'n probleem is."

Marloth Park, Kruger National Park South

Ex Deo Erdvark Cottage

"Baie droog. Ons bid vir julle vir uitkoms vir reën!"

Marloth Park, Kruger National Park South

Bush Baby House

"Ons hou van Marloth. Dis nou baie droog en ons het minder diere gesien as in die verlede. Dis heerlik naby die wildtuin vir besoeke."

Marloth Park, Kruger National Park South

Koekoek Guesthouse

"Ongelooflike plek! Lekker om so naby die natuur te wees, om te kan gaan stap en so naby die diere te kan kom. As jy nog nooit in Marloth was nie, maak 'n plan. Dit is 'n stukkie hemel op aarde."

Marloth Park, Kruger National Park South

Place of Happiness

"Marloth Park is 'n ideale plek om te bly. Rustig en vol wilde diere. Enigste probleem vir ons was dat die winkels vroeg toemaak en nie altyd voorraad het van sekere items nie. "

Page
Page 106 - Showing 3151 to 3180

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers