Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Kruger To Canyons

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger To Canyons

Rated 4.4 out of 5 based on 1697 reviews.

Graskop, Kruger To Canyons

D & H Guesthouse Graskop

"Dorpie is klein en ouwêrelds, maar het alles wat mens nodig het. Oulike restaurante en kykplekkies. Swak teerpaaie met baie slaggate in die omgewing is 'n uitdaging, maar die pragtige natuurskoon en wonderlike mooi watervalle en uitsigte maak heeltemal op daarvoor. Die pad na Ohrigstad is tans onder konstruksie. Ons was net ontnugter oor die feit dat ons by elke uitkykpunt en waterval so baie toegangsfooie per persoon moes betaal, terwyl al hierdie goed, soos die watervalle en Canyon eintlik gratis besigtig en waardeer moet word. Landmerk-monumente word beskadig en gevandaliseer, soos die Jock of the Bushveld, Potgieter en Trichard Monument op die Ohrigstad-pad en die ander Monument in die Kolwynspas. Die Austrian Coffee Estate naby Bushbuckridge was baie interessant en beslis 'n besoek werd."

Graskop, Kruger To Canyons

Mogodi Lodge

"Baie netjiese deel van ons land met asemrowende uitsig. Die Gorge, God's Window en Bourkes Luck, wonders van SA. Paaie net plek plek baie swak toestand."

Sabie, Kruger To Canyons

Merry Pebbles Resort

"Dit het die laaste 15 jaar báie agteruitgegaan. Ek kon geen winkel opspoor wat sy-produkte verkoop nie. Ek het gedroom van 'n sy-kussingsloop, maar is weer weg sonder een."

Graskop, Kruger To Canyons

Blyde Chalets

"Heerlik naby alles en baie plekke besoek. Sal beslis Graskop aanbeveel."

Graskop, Kruger To Canyons

Blue Swallow Chalets

"As jy bo by die Gorge Lift staan sal jy nooit kan glo hoe mooi dit daar onder is nie. Jy moet met die lift afgaan om daardie beeldskone tonele te gaan besigtig. Dit is die geld werd."

Kruger To Canyons

24 Degrees Self-Catering

"Pragtige natuurskoon. Al wat jy hoor is stilte."

Kruger To Canyons

Swadini, A Forever Resort

"Baie besienswaardighede en aktiwiteite om te doen."

Hazyview-Vakansiedorp, Kruger To Canyons

Safari Bed & Breakfast

"Die dag se besoek aan die Krugerpark en Sabie is beslis die moeite werd veral as jy oorslaap by Bubezi Gastehuis."

Sabie, Kruger To Canyons

Thandamanzi Self-catering

"Die omgewing is baie mooi en baie om te sien. Soos alle dorpe het die dorp self maar baie agteruitgegaan sedert ons daar weg is! Moet egter nie daarom wegbly nie, die omgewing is te mooi om te mis."

Hazyview-Vakansiedorp, Kruger To Canyons

Safari Bed & Breakfast

"Ek dink die dorp as sulks is uitstekend geleë vir 'n reisiger na die Laeveld. Ek dink wel die paaienetwerk kort aandag, maar dit behoort nie 'n reisiger weg te hou nie. Twee groot winkelsentrums wat min of meer alles bied wat jy nodig sou hê indien jy iets by die huis vergeet het is beskikbaar, maar, dit gesê, kan die reisiger net so wel hier sy aankope kom doen sonder om met 'n oorlaaide voertuig die pad aan te durf. Ek moes 'n battery op my 4x4 vervang en het dit by Midas kon doen teen standaardtariewe met uitstekende diens."

Graskop, Kruger To Canyons

Mogodi Lodge

"Baie goed geleë vir verskeie besienswaardighede en aktiwiteite!"

Graskop, Kruger To Canyons

D & H Guesthouse Graskop

"Altyd weer lekker om in Graskop te wees."

Graskop, Kruger To Canyons

Autumn Breeze Manor

"The places around Graskop to view makes it a good destination. To make Graskop your base to travel from is a letdown. The town closes at 17h00, with no entertainment or a place to eat except the guest houses or self-catering facilities. The roads to Graskop are appalling with lots of potholes that make travelling after dark dangerous."

Graskop, Kruger To Canyons

Mogodi Lodge

"Ideal location to do sightseeing of all the surrounding attractions."

Sabie, Kruger To Canyons

Bananien Lodge

"Great place to visit."

Sabie, Kruger To Canyons

Sabie Star Chalets

"Terrible potholes in and around Sabie, Graskop, Pilgrims Rest. Tourist information in town was closed over the weekend. Many stores and establishments closed down in Graskop, Sabie and other surrounding towns. Roads and Towns neglected but all expected as a result of the pandemic. The accommodation more than made up for all of this."

Graskop, Kruger To Canyons

Monia

"Graskop is sentraal geleë om al die besienswaardhede soos 3 rondawels, Abel Erasmuspas, watervalle, God's Window en kolkgate te gaan besigtig."

Graskop, Kruger To Canyons

Blue Swallow Chalets

"Potholes in the roads need to be repaired."

Sabie, Kruger To Canyons

Thandamanzi Self-catering

"Paaie in dorp in swak toestand veral as dit in 2012-dorp van die jaar was."

Sabie, Kruger To Canyons

Floreat Riverside Lodge

"Sabie is afhanklik van die toeriste bedryf en siende dit nou so beperk is, is dit belangrik dat ons binne ons eie grense reis en hierdie tipe dorpies ondersteun. Die personeel by al die plekke waar ons was, was baie vriendelik en ook besorg oor jou veiligheid so praat met hulle en neem hulle advies dit kan jou jou hele ondervinding verander. Die Sabie Brewery se kos is fantasties, pryse is goed en hulle personeel ook! Die paaie kort aandag so hou jou oe oop en probeer om nie in die nag te bestuur nie die mis kan baie erg wees. The Elephant restaurant se kos was ook lieflik en pryse goed."

Sabie, Kruger To Canyons

49 on Main

"Lanklaas so 'n pragtige plek besoek. Die dorpie is silwerskoon en die mense is ongelooflik vriendelik. Sabie met sy watervalle en pragtige natuurskoon is 'n ware lus vir die oog en vir enige natuurliefhebber. Die perfekte aftreeplek."

Graskop, Kruger To Canyons

Mogodi Lodge

"Thank you for the wonderful experience, my family enjoyed the weekend."

Graskop, Kruger To Canyons

Log Cabin & Settlers Village

"'n Biker se droom. Fantastiese ligging."

Graskop, Kruger To Canyons

Flycatcher Castle

"Lekker geëet by The Glass house, uitstekende diens."

Graskop, Kruger To Canyons

Elephant's Nest

"As die plekke stil is gaan die besienswaardighede vinnig so dan kan ons alle plekke vinnig besoek en kan nie besig bly vir 3 dae nie."

Graskop, Kruger To Canyons

Blyde Chalets

"Abe se Glass House restaurant reg langs Blyde Chalets is 'n moet gaan kuier as jy in Graskop is."

Graskop, Kruger To Canyons

Panorama Chalets

"Graskop is a mind-blowing place that I really liked."

Graskop, Kruger To Canyons

Lush

"Die weer speel nie altyd so mooi saam nie, so neem dit net in ag as jy 'n trippie reël. Wanneer dit bewolk is moet jy net 'n plan B hê vir binne aktiwiteite. Neem ook in ag dat die trippie van Pretoria af heelwat langer kan neem weens padwerke en slegte paaie."

Page
Page 18 - Showing 511 to 540

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers