Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
Nottingham Road, KwaZulu-Natal
The Bend Country House"Nottingham Road het lekker craft bier en gin. Swissland cheesery is definitief 'n goeie keuse as jy hou van kaas en jou kinders wil sien met bokke speel. Ek het ook baie van die blomwinkel, Petals, gehou. Hul het baie opsies vir ruikers en soms die pragtigste wit proteas. "
"Rustige vakansiedorp met al die nodigste vir 'n heerlike vakansie. Bietjie ver van alternatiewe vermaak in geval van slegte weer, maar sal die dorp beslis weer besoek."
"Skoonste omgewing wat ek nog by vakansie gehou het. Als wat mens benodig is stapafstand. Baie veilig. Awesome."
"I found the beach and surrounding area quite dirty and lots of broken glass lying around. The swimming area is very small and swimmers are very limited. I am not sure if there are any currents that we are not aware of. The umbrella and chair hiring facility is great and the shop on the beach is great."
Van Reenens Pass , KwaZulu-Natal
Pyramids Motel"Gerieflik om 'n lang reis op te breek. Die pas is net redelik gevaarlik en bedrwyig met groot trokke, so nie so maklik om in en uit strate na verblyf te draai nie."
"Ramsgate is nie heeltemal so bedrywig soos Margate en Uvongo gedurende die Oktober-skoolvakansie nie. Dit is 'n heerlike gemeenskappie op sy eie, digby Margate, waar mens kan wegbreek van die daglikse gejaag. Tog is dit naby genoeg dat mens maklik alle besienswaardighede kan besoek aan die Suidkus."
"Margate hoofstrand kan baie besig word in gewilde skoolvakansies, maar ideaal vir jonger kinders wat van al die vakansie funksies op die strand hou."
"Pragtige area met baie aktiwiteite vir die natuurliefhebber. Ons is spyt ons kon nie langer bly nie. Dit was die perfekte plek om op ons reis van Beaufort-Wes na Durban te stop, en soos ek sê, in die vervolg sal ons beslis meer tyd daar deurbring."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
St. Lucia Safari Lodge"Die parkering was 'n klein bietjie van 'n probleem. Die plek vir voertuie is baie beperk."
"Mooiste en skoonste strand/dorpie in die Suidkus. Lekkerste koffiewinkeltjie ontdek met die heerlikste koek. Oh My Word Koffiewinkel. "
"Ek sal dit beslis aanbeveel vir enige persoon wat daardie omgewing wil gaan verken."
"We loved it. It's in a good area and is safe and close to all amenities, overall a greater stay. Just two minutes work to TOTI mall and a ten minutes to SPLASH. Very nice and I will go back."
"Dundee is die ideale oorstaanplek as slagvelde en geskiedenis jou belangstelling prikkel. 'n Mens sal egter 'n paar dae moet deurbring as al die belangepunte in die omgewing soos bv. Bloedrivier, Talana en talle ander besoek wil word."