Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Manaba is 'n baie rustige plekkie wat stil is, maar tog baie naby alles sodat jy steeds goed kan doen. Ons het al 'n paar keer in Manaba gebly vir vakansie en is altyd mal daaroor. Die klein strandjie is wonderlik vir my 5-jarige seuntjie om net in die sand te speel wanneer ons nie wil swem nie."
"Umdoni Park Golf Club is 'n juweel. Dit is regtig die moeite werd om te speel en die restaurant se kos is heerlik. Daar is iets vir elkeen op die spyskaart."
"Sani Pass is the attraction. Himeville, unfortunately, in my humble opinion, is slowly losing it's tourist attraction."
"Uitstekende bestemming vir gholfspelers. Umdoni Park is 'n fantastiese baan met 'n uitstekende restaurant. Dan is daar boonop 'n tweede gholfbaan, naamlik Selborne, beskikbaar."
"This was just beyond awesome! Couldn't have asked for a better view."
"What a wonderful place, very quiet and safe. My family enjoyed it so much and the rooms are very clean."
"Baie mooi omgewing, veral as jy die minder bekende roetes neem en van die snelweg af bly. Daar is heelwat besienswaardighede in die omgewing, binne 'n redelike afstand van Midlands Meander af. Winterton self is klein en plattelands, en as mens daarvan hou is dit ideaal. "
"Iemand kan dalk maar net bietjie die strand skoonmaak. Daar spoel vreeslik baie seegras en stokke uit, wat dit bietjie ongemaklik maak om daar sambreel op te slaan en die dag daar te spandeer. Verder baie lekker!"
"Ballito bied wonderlike eetplekke en mooi uitsigte, maar amper geen goeie swemstrande nie. Vir dit het ons beter ervaar in Umhlanga."
"Lekker om vakansie te gaan hou en te rus. Die algemene winkels is binne bereik hoewel nie noodwendig in Uvongo nie, maar in Magate of Shelly Beach."