Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1255 reviews.
"Lambertsbaai is 'n lieflike kusdorp. Baie restaurante. Baie om te doen."
"Was bietjie teleurgesteld oor die voëlskuiling by die vlei wat nie meer bestaan nie. Dit sou 'n groot pluspunt vir die dorp wees."
"Ek beveel aan dat as jy kom, dalk soveel as moontlik inkopies saambring, want die winkels daar is klein bietjie duurder as binneland."
"Die middedorp is bietjie verwaarloos, maar daar is baie mooi dele en die see is pragtig en skoon."
"Ons was aangenaam verras met die dorp. Die Bird Island 'n absolute moet om te besoek. Mense is gasvry en het ons tuis gevoel oral waar ons gekom het. Isabella's Restaurant was 'n wenner."
"Die Birds Island en Muisbosskerm is 'n moet, maar 2 dae maksimum is genoeg in Lambertsbaai."
"Die strand moet net meer skoongemaak word en gesuiwer word, want die paadjie wat ons gestap het strand toe het verskriklik gestink."
"Hou van Lambertsbaai, was ons eerste keer in Lambertsbaai vir 'n wegbreek, het al die nodige winkels indien jy iets kort. Net die strande wat bietjie vuil is van bamboes en dooie robbe wat vreeslik gestink het, maar andersins geen probleem nie, was lekker gewees."
"Die dorp het baie verval in die laaste paar jaar vandat ons laas daar was."
"Lamberstbaai het baie versteekte juwele was jou vakansie baie genotvol kan maak. Die ete by Isabella's en die bootrit saam met Riaan kan aanbeveel word."
"Dorpie was bietjie meer afgeleef as wat ons verwag het, maar dis nou maar een van daardie dinge."
"Ek hou van Lambertsbaai, want dis amper deel van my kontrei waar ek groot geword het. Het in die Olifantsriviervallei my jeugjare spandeer."