Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1255 reviews.
"Ongerepte dorpie met die pragtigste sonsondergang. Ek het 'n groot nostalgie oor Lambertsbaai vanuit my kinderjare."
"Die voëleiland is die moeite werd om te besoek in Aug/Sep terwyl die duisende malgasse daar is. Die eetplekke langs die hawe se diens en kos is van goeie gehalte. Die plaaslike museum met vanmelewe se gebruiksartikels en info oor families is die moeite werd om te besoek."
"Gaan kyk gerus, kuier gerus, wees rustig en gesels met die mense van Lambertsbaai."
"Vir enigiemand wat 'n middelpunt soek om die omliggende dorpe en besienswaardighede te besoek, is Lambertsbaai ideaal."
"In vergelyking met vorige jare het dit bietjie agteruit gegaan. Nog steeds die moeite werd."
"Ons was verras hoeveel van die ouwêreldse kusdorpie sjarme nog hier behoue gebly het."
"Sal met graagte weer vir Lambertsbaai besoek. Net die skelmpies wat daar rondloop, is n probleem. "
"Lambertsbaai het interessante plekke soos die museum by Van Pittensvlei (3 km uit die dorp) en die restourant tussen die rotse op die plaas langsaan, Bosduifklip. Die hawe met sy vars snoek was wonderlik. Heerlike viskos by Issabella's by Malgaseiland was net so lekker!"
"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."
"Dit was ons tweede besoek aan Lambertsbaai en ons het weereens die Muisbosskerm toe gekry - wat 'n teleurstelling."
"Baie vriendelike mense. As jy in buiteseisoen gaan is dit rustiger. "
"Die kieskeurige vakansieganger sal beter infrastuktuur verwag. Vir die gemiddelde vakansieganger is Lambertsbaai goed."
"Ai, ek mis die plek so, Lambertsbaai is my hart se punt, sy mense, sy baaitjie, ek raak bewoë van verlange as ek aan hom dink. Min sal saam my stem maar daar is net iets aan die ou dorpie wat my hartsnare tokkel. Ek was selfs amper ongelukkig toe hulle die ou teerpad wat voor Muisbosskerm en Steenbokfontein verby loop, geteer het. En dan natuurlik Muissboskerm se kos en kuier terwyl jy sien hoe die gety die golwe inrol en die meeue lui-lui skrou wat jou laat dink aan een of ander Laurika Rauch lied."
"Heerlike plek om net te wees. Ek kan Isabellas restaurant sterk aanbeveel as jy ietsie wil eet. Jy moet voëleiland besoek."