Verified Reviews
Langebaan
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Langebaan
Rated 4.6 out of 5 based on 1385 reviews.
"Ek is heel beïndruk met die geweldige ontwikkeling wat op die dorp plaasvind. Dit is vinnig besig om in 'n moderne stad te ontwikkel. Langebaan is beslis die watersport-entoesias se droombestemming."
"Langebaan is 'n pragtige vakansiebestemming wat baie vir toeriste bied en daar is ook baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Miskien was ons net bietjie verdwaal, maar ons sou graag bietjie op die pragtige strandjie ons voete in die water wou sit, al was ons nie inwoners van die oord nie. Kan egter verstaan dat daar toegangsbeheer moet wees. Die restaurant wat ons besoek het, se kos was baie lekker, hoewel die diens bietjie stadig was - en die lewendige musiek elemente gelok het wat ons ete so effe bederf het. Verder bly dit 'n pragtige plek!"
"Ons gaan gereeld na Langebaan toe omdat ons die veilige strande geniet, veral in die reservaat en by Mykonos."
"Beautiful, clean and safe beach area where one can just relax and take long walks on the beach. Even at night time you are safe, because most of the beach area is visible, because of lights on the beachfront. Also walking distance from Club Mykonos and the most lovely restaurants."
"Club Mykonos kan doen met 'n goeie skoonmaak. Die geboue is vuil en daar vandat ons daar aangekom het tot ons weer vertrek het, het daar rommel rondgelê. Ons was 'n bietjie teleurgesteld met die instandhouding van die oord. Dis asof die plek effens sy sjarme verloor het."
"Al ons kampe wat ons hou is basies in Langebaan oor dit so goedkoop is en vriendelike diens lewer. Die plek self is asemrowend!"
"Dit kan winderig raak later in die dag so gaan vroeg strand toe."
"Uitstekend! Met die uitbreiding en opknapping in Langebaan in geheel, is dit beslis 'n bestemming vir toeriste."
"Excellent tourism destination for people who love the sea and the beach. It's situated centrally to visit neighbouring interesting villages and places ."
"Pragtige skoon strand en ongerep. Dit sal jammer wees as dit kommersieel raak. "
"Langebaan het aangename verrassings met die nuwe ontwikkeling. Heerlike strand en ideaal vir watersport. Troeteldiervriendelik en heerlike restaurante. Naby genoeg aan Kaapstad om 'n dag se kuier in te werk of 'n naweek weg te breek."
"Daar is so baie te sien en te doen daar dat drie dae nog te min sal wees."
"Die area is pragtig, maar tensy daar 'n plek is waar 'n mens kan kla oor bure wat ontydig lawaai, sal ek nie weer in die area tuisgaan nie."