Verified Reviews
Leeupoort Vakansiedorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Leeupoort Vakansiedorp
Rated 4.6 out of 5 based on 241 reviews.
"Dit is 'n pragtige plek in die bosveld en daar is volop staproetes en wild om te sien. Alom 'n goeie naweek gehad behalwe vir die water wat die hele dag af was Saterdag."
"Geld gewys is dit die moeite werd en om jou siel te vul met die skoonheid van die natuur."
"Die winkel/kafeepryse is baie duur en ons was nie welkom ontvang deur kassiere."
"Dis regtig heerlik. Mens kom weg van die stad se geraas. Moet lief wees vir die natuur en diere om dit te geniet en te waardeer. Was al 'n hele paar keer daar en het elke liewe besoek geniet en uitgerus teruggekeer. Beplan klaar weer ons volgende besoek."
"Ons sal beslis weer daar gaan kuier. Die kinders love die diere, fietsry, swem en stap. Net wat ons nodig gehad het om uit die besige stad te kom."
"Dit is mooi wêreld met mooi mense. Die diere is die grootse aantreklikheid. Dit is regtig 'n plek wat jy besoek om rus vir siel, gees en liggaam te kry."
"Dit is altyd die moeite werd om vir 'n naweek weg te breek en jou siel en gees te vul met die natuurskoon en diere-energie rondom jou."
"Daar is 'n winkel met alles wat mens nodig kan kry, van vullis sakke tot roomys en blikkieskos. Die reservaat het heelwat diere en dit was heerlik om daar rond te ry vir 'n uur of twee en dan terug te keer na ons akkommodasie waar daar vlakvarke, zebras, bosbokke en rooibokke rondloop. Die mense wat daar woon is almal baie vriendelik."
"Ons as familie is aangenaam verras gewees. Dis 'n pragtige omgewing, baie veilig, kindervriendelik. Dis nie ver van Pretoria af nie."
"Baie rustig met min mense om jou, maar genoeg diere om jou besig te hou . Die winkel het alles wat jou hart kan begeer."
"Aan die einde van die maand is daar 'n mark, waar inwoners die heerlikste eetgoed verkoop. Onthou dus om kontant saam te vat, die naaste kitsbank is op Koedoeskop so 13 km se ry."
"Dis pragtig in die Bosveld geleë en die wild stap tussen die huise rond. 'n Onvergeetlike ervaring."