Geverifieerde Resensie
Leeupoort Vakansiedorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Leeupoort Vakansiedorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 241 resensies.
"Leeupoort Vakansiedorp is a beautiful place to visit. It should be visited by many more people. "
"Baie baie oulike plekkie veral as jy wil wegbreek vanuit die stad. 'n Paar grondpaaie is net nie mooi instand gehou nie."
"Ons het ongelooflik baie diere gesien. Die mark Saterdagoggende was so interessant, die mooiste leerhandsak gekoop. Die resturante het die heerlikste atmosfeer. Wil sommer vir my 'n huis koop daar."
"Leeupoort Vakansiedorp, kan dalk net 'n vriendeliker persoon aanskaf in die kafee en die nodige kennisgewings opsit in terme van die restaurant."
"Ons geniet elke oomblik in die bos. Die wild beweeg vry tussen die wonings. Wild soos koedoes, zebras en ander kleiner boksoorte word gereeld opgemerk."
"Alhoewel Leeupoort 'n baie lekker bestelling is, is dit meer van 'n gemeenskap as 'n toeristebestemming"
"Leeupoort is 'n regte bosveldwegbreekplek met baie diere om te sien. Mens sien altyd diere as jy rondry in die oord/bosveld. Die plek is netjies en word mooi onderhou. Die wildreservaat kan net nie met 'n gewone kar besoek word nie a.g.v die paaie."
"Paaie kan net bietjie opgeknap word. En winkel is vrek duur. Sal dalk aanbeveel om soos mense uit te vat na Uitkyk toe."