Verified Reviews
Lichtenburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lichtenburg
Rated 3.6 out of 5 based on 63 reviews.
"Paaie is baie verwaarloos. Rommel lê orals. Ek het in die dorp groot geword, dit was nie altyd so nie."
"Nie 'n slegte plek nie, maar die dorp met die swakste paaie wat ek ooit beleef het."
"Mariko oog is pragtig om te besoek. Let wel, op die hoofweg van Lichtenburg is vol slaggate, neem 'n buite roete as jy na die huis gaan of uit die stad wil kom. Verder baie veilig. "
"Paaie in en om Lichtenburg en Burgersdorp (soos meeste plattelandse dorpies) is maar swak, maar die dorpie verras met goeie restaurante en geriewe oor die algemeen! "
"Was verras om so baie gastehuise te sien. Die dorp is wel op 'n besige roete wat dan te verstane is, nou moet die stadsvaders net die algemene netheid van die dorp en onmiddellike omgewing opknap. Netheid verhoog altyd die bemarkingswaarde van 'n plek."
"Die vakansie-oord was heerlik. Skoon terrein en geriewe. Genoeg pret vir groot en jong mense."
"Baie netjiese dorp. Restaurante is skoon en netjies en die diens flink en vriendelik. Mense is vriendelik en behulpsaam. Ons kuier graag weer in Lichtenburg. "
"Ek is 'n nuwe inwoner in Lichtenburg, en ek moet sê, 90% van die diens wat ek ontvang het was baie vriendelik en baie hulpvaardig wat meer is as wat ek van baie ander dorpe kan sê."
"Paaie is sleg plek-plek en daar is geen water vir groot dele van die dag nie, maar blykbaar word daar gewerk aan die watervoorsiening."
"Ons was regtig verbaas om te sien dat die dorp pragtig is alhoewel dit baie verander het. Ek dink dit is werklik die moeite werd om die ou Wes Transvaal, Lichtenburg en omgewing te besoek. "