Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3450 reviews.
"Dalk moet daar net ekstra borde opgerig word, siende dat ons van 'n ander kant af gekom het, het ons nogal gesukkel om die afdraai te kry. Die pad na ons bestemming was werklik in 'n goeie toestand."
"'n Pizza by die Pot & Plough, bier by die kroegie in die hoofstraat, koffie by die boekwinkel, dip in die Debengeni-watervalle. Noem dit, Haenertsburg is 'n fantastiese naweekbestemming."
"Die waterval was ook asemrowend en definitef die besoek werd en teen R10 per person is dit oor en oor die moeite werd! Ek moet net my onsteltenis uitspreek oor die groot Boabab boom wat nou nie meer heel is nie. Ons is baie vinnig begroet vir ons R25'e maar daarna was daar geen personeel of bestuur in sig nie. Die webtuiste laat jou glo dat jy n "koue drankie" kan geniet wat glad nie die geval is nie. Ek voel mense moet ingelig word van die werklike stand van sake asook die toestand van die boom en dat die R25'e om die boom te besigtig onnodig is. "
"Definitief 'n plekkie om te besoek. Wonderlike gasvrye mense ontmoet! Mooiste deel van die wêreld."
"Ons het te min gesien om regtig 'n ingeligte opinie te gee, maar wat ons gesien het was positief."
"Baie goeie plekke in die omgewing, veral as die Loskopdam-pad eendag klaar is sal dit sekerlik makliker wees om daar vakansie te hou."
"Modimolle is 'n mooi plattelandse dorpie en alles was beskikbaar wat ons vir die naweek benodig het."
"Ons sal graag meer wil weet oor Ellisras, maar min inligting vir toeriste. Het darem die gholfbaan besoek - baie mooi baan."
"Mal oor die Bosveld en naby Pretoria. Kan nog op Vrydagmiddag betyds daar aankom."
"After good rain the fauna was green and lush! We enjoyed the animal sightings we made. Its close proximity to Johannesburg is a plus."
"Dit is 'n klein dorpie, maar het darem alles wat jy nodig het vir 'n naweekwegbreek."
"'n Te kort aan aanwysings en ek dink hulle kan net die mense sê as hulle op grondpaaie gaan ry dat 'n mens nie met enige kar kan ry nie."
"Dis 'n oulike plekkie met baie potensiaal, maar ek dink nie die omgewing word goed genoeg bemark nie."
"Ons is baie lief vir die hele Waterbergomgewing behalwe Bela-Bela en die dorp self. Ons gaan eerder Modemole toe, want ons voel veiliger daar."