Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3450 reviews.
"Lieflike omgewing! Pragtig! Ons eerste keer daar en sal graag weer wil gaan."
"Daar is baie om te doen in die oord en in die omgewing. Hoogtepunt vir my was die rehabilitasiesentrum vir apies wat ons besoek het. Sal definitief weer gaan!"
"Enigste nadeel is die grondpaaie, dit kan nogal hectic raak, maar andersins is dit 'n wonderlike plek."
"Ons moes die Stofbergpad van Middelburg na Groblersdal gebruik wat 'n absolute nagmerrie was agv al die slaggate. Dit is onrybaar met tye en baie gevaarlik. Sommige gedeeltes is totaal en al onrybaar en moes ons langs die pad ry. "
"Modimolle is 'n pragtige dorp, maar daar is baie verwaarlosing in die strate te sien en ek wens dat 'n mens weer die outydse ervaring kan hê wanneer jy in 'n dorp inry. Die gevoel van skoon en netjies en vooruitstrewend is nie daar nie en dit is tog so jammer. Ek hoop dat toerisme nie ook agteruit sal gaan nie."
"Daar is so baie dinge om te doen en dinge om te sien mens kan nooit genoeg in Bela-Bela kom nie. Dis beslis een van die plekke wat my 'n trotse Suid- Afrikaner maak. "
"Bela-Bela is 'n fantastiese dorp vir 'n wegbreeknaweek en ek sal gereeld nou naweke daar wil gaan ontspan."
"Naboomspruit is a very old town and the people are very poor. Don't have a lot of stock and different stock. Area around Naboomspruit and very nice and people are very friendly."
"Daar is nie veel uniek aan die dorp self nie, maar die omliggende area het baie mooi wildplase en natuurskoon."