Verified Reviews
Lowveld
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lowveld
Rated 4.2 out of 5 based on 740 reviews.
"Dit is warm, bring swemklere. Die mense is vriendelik, lyk vir my almal ken almal en help graag. "
"Baie goed maar ek dink daar sal 'n paar addisionele vermaaklikhede bygevoeg moet word."
"Baie rustige dorpie met baie in en om hom om jouself mee besig te hou. Staproete was ook 'n belewnis gewees. Sal enige dag weer daarheen gaan en familie en vriende voorstel om daar te gaan om bietjie te ontspan."
"Verskriklik rustig en pragtige natuur. Vriendelike omgewing en baie lekker wegbreekbeestemming. "
"Goede winkelvoorzieningen. De slagerij bij het postkantoor is een aanrader."
"Heerlike en wonderlike tropiese dorp met die mooiste natuur, mooiste bome, mooiste plante!"
"Magoebaskloof area is so mooi. Tzaneen ook pragtig. Sal gerus weer kom kuier."
"Die dorpie is oulik met 'n goeie verskeidenheid van eetplekke. Goed vir 'n naweek."
"Baie mooi omgewing, lekker eetplekke en baie interessante winkeltjies maar die tuine en kwekerye in die omgewing was die hoogtepunt!"
"Tzaneen is 'n pragtige plek. Daar is die Asalea Tuine, die Modjatjie Woud met sy ongelooflike broodbome en dan die grootste kremetartboom. Die mooiste dorpie Haenertsburg moet besoek word. Sal lank daar kan deurbring. Skoon, netjiese omgewing."