Verified Reviews
Lydenburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lydenburg
Rated 3.6 out of 5 based on 175 reviews.
"As mens dink aan die bosveld dink jy aan plat vlaktes. Die bergagtige natuur reservate rondom Lydenburg is asemrowend. Hier is jy in die bos met die mooiste uitsigte vanaf die berge, Definitief 'n versteekte juweel."
"Lydenburg is sentraal geleë. Ons het vlot (boat trip) gaan ry op die Blyde River Canyon."
"Baie swaar motor voertuie wat 24/7 in en om die dorp beweeg en dit veroorsaak dat die paaie nie in 'n baie goeie toestand is nie."
"Die paaie is baie baie swak in Leydenburg, ons wou net 'n week gaan maar het toe 'n hele maand gebly! Maar die paaie is regtig baie sleg in daai dorp."
"Netjies, goed toegerus lekker stil area. Skep ook n lekker plaas atmosfeer, ek hou van die erdeware wat oral te sien was."
"Lydenburg het die potensiaal om n baie lekker toeriste bestemming te wees dis net 'n jammerte dat die groot vragmotors die paaie so verniel en dat daar geen poging aangewend word om die paaie se toestand te verbeter nie. Die dorpie is besig om te pop in 'n baie besig plek met al die myne."
"Lydenburg is goed geleë om omliggende toerisme attraksies by Pilgrimsrus, Sabie & Graskop maklik te bereik."
"My husband and I love natural places. Lydenburg is what we needed. It's a beautiful small town and the sight seeings are very attractive. I enjoyed the fresh breeze of air and I recommend that people should visit this place. It's near Pilgrimrest, God's Window and all other beautiful, attractive places."
"Enigste probleem is dat die paaie na Rooidraai baie sleg is as volg van slaggate."
"Die dorp is nie meer so mooi skoon soos ek dit onthou nie en baie slaggate in die strate. "
"Die pad na Lydenburg vanaf Dullstroom is in verskriklike toetstand en moet nie in donker aangedurf word nie Groot vragmotors is 'n probleem op die nasionale pad. "
"Alhoewel Lydenburg in die middel van die gesogte vakansieroetes geleë is, het die dorp nie veel om te bied nie, tensy 'n mens die omgewing ken of vooraf nagevors het nie. Diegene wat egter bekend is met die omgewing kan beslis tyd daar deurbring. Akkommodasie in Lydenburg is ook goedkoper as in bekender dorpe in die omgewing. Dus is dit baie gerieflike om daar oor te bly om dan die omgewing te verken. Pelgrimsrus, Sabie en Graskop is net om die draai en daar is genoeg winkels. "
"Klein dorpie, maar daar is alles wat 'n mens nodig het. Die Long Tom-pas was pragtig, maar senutergend in die mis. Daar is pragtige uitsigte op pad na Sabie."
"The Lydenburg area is a good mix of bushveld and mountain. The vista and birdlife are excellent!"
"As kind het my Pa ons elke Desember Lydenburg toe geneem vir vakansie omdat dit so naby al die mooi natuurlike watervalle en pragtige natuur is. Die dorp het vreeslik uitgebrei sedert daardie dae, maar ons was baie teleurgesteld in die toestand van die paaie in die dorp self, maar buiten dit is dit steeds 'n lekker dorp om te bly as jy na al die mooi plekke in die omgewing wil gaan kyk."