Geverifieerde Resensie
Magoebaskloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Magoebaskloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 443 resensies.
"Magoebaskloof is 'n juweel in Limpopo en slaan nog elke keer my asem weg. Die berge, die woude, bergstrome en watervalle is 'n stukkie hemel."
"Ons het heerlike middagete geniet by The Eatery in Haenertsburg en ook 'n uitstappie na Zwakala brewery."
"Ons het nie baie tyd kon spandeer in Magoebaskloof nie, maar wat ons wel beleef het was net 'n plesier."
"Awesome scenery. Feel safe to travel with no pot holes on the main road! Nice breakaway from city life."
"Die Debengeni Watervalle was 'n verrassing - sou graag daar wou piekniek as ons geweet het daar is sulke lekker geriewe - heerlike lafenis-plek."
"Serene and moderate to difficult hikes in and around natural woods and plantations. Perfect getaway from city life."
"Doen vooraf bietjie navorsing. Daar is baie meer om te sien en doen as wat mens sou dink."
"Stunning mountainous views, beautiful lush forests and plantations, scenic drives and friendly people. I especially adore this part of our gorgeous, diverse country!"
"Naby baie interessante punte. Kan die dorpie Haenertsburg besoek, Long tom Memorial en die waterval is 'n moet-sien. Long tom monument in Haenertsburg waar die kanon se stukke uitgestal word."
"Omgewing word skynbaar baie beperk as 'n toeristebestemming weens gereelde kragonderbrekings. Andersins word dit sterk aanbeveel."
"Been visiting since I was a little boy, and it's magical every time. Mild weather, if a bit chilly at times. Best time to visit is always in springtime."
"Magoebaskloof is skouspelagtig mooi met natuurskoon wat met die beste in die land vergelyk. Watervalle, groen inheemse woude en verskeie aktiwiteite vir die rustelose vakansieganger dra by tot 'n puik ervaring. Ons het gereël vir 'n voëlgids en verskeie skaars spesies gesien. Daar is baie om te doen - van visvang en staproetes tot bergpasse ry ,en moenie die pragtige tuine in die omgewing vergeet nie."