Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Baie interessante dinge om te sien en te doen in Fouriesburg, met vele verrassings. Het heerlike aandete geniet by Windmill Pub and Grill!"
"Ongerepte natuur en mooi dorp wat mens terugneem in tyd is net wat nodig is. Bly net so!"
"Restaurants cater more for breakfast, coffee times and afternoon eats and not many options available at night time. Titanic View are currently looking into serving evening home cooked meals as well which would be wonderful."
"Clarens verdien 'n besoek. Daar is baie interessante dinge om te sien en doen. Baie mooi geleë en naby Golden Gate."
"Natuurskoon slaan jou asem weg. Sit maar die hooglande van die Oos-Kaap op jou emmerskop-lysie. En vat die agterpaaie, jy sal nie spyt wees nie!"
"'n Pragtige dorpie met iets vir almal. Die pragtigste plein en vriendelike mense honed waterbakke oral en rus plek vir pa terwyl ma lekker inkopies doen. Golden Gate is pragtig die basoto cultural village, Fouriesburg kersies wat meer kan jy vra."
"As Clarens te besig word, geniet ons die staproetes by Golden Gate baie en dis net 20 km vanaf Clarens. "
"In hele Clarens net één rolstoelparkering met trappe, geen ramp. Voertuie stop reg voor die opritte na sypaadjies agv die feit dat nêrens iets gemerk is nie. Baie plekke ontoeganklik en geen rolstoeltoilet enigsins beskikbaar nie. Die gemeenskap is vriendelik en opregte mense."
"Enige iemand van jonk tot oud kan in Clarens kom rus. Pragtige staproetes en asemrowende uitsigte om te geniet. Clarens is een van ons gunsteling wegbreke. "
"Dit is 'n baie mooi dorp met 'n groot verskeidenheid keuses van restaurante, koffiewinkels en geskenkwinkels. Die dorp kan baie besig raak oor 'n naweek, maar daar is baie buiteligaktiwiteite om 'n mens besig te hou en jy sal nooit sukkel om plek te kry by 'n restaurant nie."