Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Lieflike dorp om te besoek, oulike winkels en eetplekke, natuur is ongelooflik mooi, baie om te doen."
"Clarens is 'n wêreld op sy eie... fantasties kuns en vermaak beskikbaar en is sekerlik een van die mooiste klein dorpies in die land."
"Ek het die Oos-Vrystaat nog nooit in 60 jaar so droog en warm beleef nie. Heerlike restaurante, veral die Portugese restaurant. Winkels bied 'n fantastiese verskeidenheid. Grouse & Cloret restaurant het fantastise osstertbredie en die lekkerste pasteie!"
"Netjies en skoon met baie mooi sandsteengeboue. Nodige winkels en besighede ook goed en nie so verwaarloos soos byvoorbeeld Clocolaan nie. Nie veel in die dorp self te doen nie."
"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "
"Kan Die Plaasstoep aanbeveel vir etes, lekker boerekos. The Windmill Pub & Grill se pizza is ongelooflik lekker maar diens was traag. Algemeen vind ek Fouriesburg baie basies met min opsies maar dis is dat waarvoor 'n mens uit die stad wil ontsnap. Die dorpie is baie netjies. "
"Clarens is een van ons gunstelling naweekwegbreekplekke. Ons het die kans benut om ook deur te ry na Ficksburg se kersiefees wat net 'n uur se ry verder is. Daar is so baie om te doen in en om Clarens dat 'n naweek net nie genoeg tyd is nie. Definitief een van die juwele in ons pragtige land."
"'n Baie klein plekkie met baie interessante inwoners as jy bereid is om net onder die oppervlak te delf. "
"Die mense wat daar woon is ongelooflik vriendelik... Daar is ook 'n plek in die berg af, Meiringskloof ... dit is fantasties en volgende keer sal ons daar gaan bly."
"Interessante dorpie met al die sandsteenhuise. Lekker geëet by die Copper Pig. Die NG Kerk is beslis 'n besoek werd. Lê tussen Ficksburg en Clarens ideaal vir 'n besoek aan die Kersiefees. "