Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Die ingang vanaf Fouriesburg met plakkerskamp oorkant gholfbane skep 'n swak indruk. Die winkels in Clarens wat "fabrieks vervaardigde" kuns en ornamente verkoop asook die kruidenierswinkel doen afbreuk aan Clarens se karakter."
"Dit was die moeite werd om daar 'n draai te maak. Al die noodsaaklike geriewe is beskikbaar."
"Pragtige ou geboue. Geleë in 'n baie mooi omgewing. Die natuur is asemrowend mooi. Ook naby genoeg aan Clarens, maar nie deel van die muis gedruis in Clarens oor naweke nie. As mens stilte en sielsrus nodig het, is Fouriesburg jou bestemming."
"Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite."
"Ons gaan al vir baie jare gereeld Clarens toe, en dit is nou al jaarlikse instelling, so baie om te geniet in die omgewing - en die interessante winkels met die wonderlike produkte is elke keer 'n wenner. "
"Clarens is 'n juweel van 'n toeristebestemming met soveel om te doen. Dis iets anders as die alledaagse plattelandse dorpie. Ek geniet veral die brouery. Ons sal verseker meer gereeld soontoe gaan."
"Clarens is 'n baie oulike plek, en dit was nie die 1ste keer wat ons daar kuier nie."
"Dit is regtig 'n stunning, mooi, rustige dorpie. 'n Lekker verandering van die vinnige pas van Johannesburg. Die wegbreekie was net die regtig ding. Daar is ook genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Clarens Brewery is amazing verby, Vene die tattoo artist is 'n moet (as jy 'n tattoo mens is) en natuurlik Bokpoort Cowboy Ranch was 'n belewenis. Ek kan nie wag om weer te gaan nie."
"Dit was my 3de besoek aan Clarens en dit is werklik 'n pragtige plek met lieflike uitsigte en gasvrye mense."
"Te min oorspronklike kuns soos skilderye en uitstallings. Die werkers wat winkles beman lewer swak diens."
"Clarens is die ideale plek om batterye te herlaai. Een word met natuur om jou asook die luuksheid van die snuffelwinkeltjies en natuurlik die allerlieflikste gallerye."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met interessante winkeltjies en pragtige omgewing. Bier brouery produk probeer is 'n moet. "