Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Clarens en die natuurskoon is die tipe plek wat in jou hart nesskop en veroorsaak dat 'n mens onttrekkingsimptome ervaar wanneer jy nie gereeld daar gaan kuier nie. "
"Quaint, beautiful little town! Too touristy on weekends though (too full), would love to visit for a more quieter break during the week to see Clarens and its people in their everyday environment."
"Inwoners baie verdraagsaam en vriendelik. Slaggate steurend as hele dorp verken word. Inligting oor geskiedenis, monumente en rotskuns kan dalk ook in verblyfplekke beskikbaar wees. "
"Parkering raak aan die skraps kant en van die plekke se pryse is baie duur. Die Saterdagmark is altyd opwindend."
"Lieflike plek vir 'n wegbreek van die huis af of van die stad af net om te ontspan sonder die gejaag."
"Clarens is 'n lieflike klein dorpie wat groot genoeg is om aan almal se behoeftes te voldoen."
"Clarens is 'n klein dorpie, maar met die in ry kon ons sien hierdie is nou n plek wat vir almal iets bied. Ons kon nie glo hoe besig en gesellig dit was toe ons Saterdag 'n draai gaan maak het om te sien wat aangaan nie. Regtig 'n groot belewenis om te sien hoeveel mense daar was."
"Hoewel mens juis Rosendal besoek vir die stilte, is dit dalk belangrik (veral vir enkelreisigers) om daarop te let dat daar op Sondae- en Maandae-aande geen restaurante is om by aandete te geniet nie. Daar is wel 'n koffiewinkel wat bedags oop is. Rosendal is 'n juweel!"
"Ons het nie regtig in Fouriesburg rond gekuier en gery nie omdat ons van ver af gekom het. Dus moet ons weer 'n kuier reël om die dorp te gaan verken."
"Meer selfvoorsienend te wees. Ek hou van my franchise, Spar, Steers, ens. vir prysbeheer. "
"Die Plaasstoep Restaurant se aandete en diens was baie goed. Clarens is 35 km weg waar daar meer aktiwiteite is, maar ook baie meer besig."
"Lieflike omgewing. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Nuwe gunsteling wegbreek bestemming."
"Clarens needs no introduction. It is a town geared towards tourism with plenty to do, lots of restaurants, and set in one of the most beautiful parts of our country."
"Net jammer die slaggate in die dorp begin so erg raak, mens kyk hoeveel besoekers die dorp en besighede besoek en ondersteun. Verder een van ons gunsteling dorpies te besoek, vir al vir wegbreek naweek."
"Ek het my bedenkinge oor Clarens as toeristebestemming. Ek kry die idee dat toeriste uitgebuit word omdat die dorp so bekend geword het. "
"Clarens is pragtig veral as jy van die buitelewe hou of kuns geniet. Dis 'n klein plekkie en 'n goeie plek om weg te kom van die besige lewe van die stad. Almal is baie vriendelik en daar is baie om te doen veral as jy avontuurlustig is veral in warmer maande. Dis 'n unieke dorpie waarheen ons gou na sal wil terugkeer vir 'n kuiertjie."
"Dit is die Mekka van die Oos-Vrystaat. Met so ’n geweldige inkomste oor naweke kan die stadsraad darem net die hoofstraat weer opknap."
"Lewendige vakansie-dorpie oor naweke - soos Parys, Dulstroom en in 'n sekere sin, Cullinan. Baie aangename eetplekke. Mooi omgewing. Oos-Vrystaatse sekondêre paaie meestal 'n nagmerrie."