Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.3 out of 5 based on 2726 reviews.
"Alhoewel ek al baie in die omgewing vakansie gehou het, was hierdie die eerste maal wat ons in Shelly Beach gebly het en is dit duidelik waar die naam vandaan kom! Die strand het 'n verskeidenheid skulpe van alle kleure en groottes! Fantasties vir 'n skulpie-entoesias soos ek! Die strand was ook baie mooi en skoon en is nie so besig soos ander strande nie, alhoewel Shelly Beach nie sy eie swemstrand het nie (sover ek kon agterkom), daar is wel 'n baie mooi tidal pool gewees."
"Pragtige vakansie geleentheid, ideaal en sentraal geleë. 'n Verskeidenheid van heerlike strande en baie om te doen."
"Rustigheid net buite Margate en ideaal geleë met 'n skoon swemstrand en ook visvanggeleentheid vanaf die rotse. "
"Die strand is skoon en die pad af na die strand is splinternuut oorgedoen en die munisipaliteit wat aandag daar bestee doen 'n uitstekende werk!"
"Uvongo is 'n heerlike vakansiebestemming, die strand met die lagoon is lekker vir kleiner kinders."
"Uvongo is baie mooi en daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite in die omgewing. Ons hoogtepunt was die bootrit en die dolfyne wat ons gesien het."
"Always feels like I'm in a different country when I visit Margate (even though I'm a South African), clean beaches, always beautiful weather, and friendly people, food/restaurant prices are very low and aforddable, just love Margate."
"Strande is lieflik! Baie en genoeg winkels en restuarante naby. Verkeer op Marine drive die enigste slegte punt. "
"Nie vreeslik baie om te doen nie, nie 'n plek om elke jaar te besoek nie. Elke vyf jaar sal ok wees. "
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "
"Ek is absoluut mal oor Uvongo. Dit was my eerste, maar definitief nie my laaste besoek nie. "
"The South Coast is a perfect place for a holiday. If you haven't been there, take it from me, you need to visit the place."