Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.3 out of 5 based on 2726 reviews.
"Ek is nie 'n Natal " fan " nie maar wil sê Uvongo was baie lekker selfs die strand op Kersdag was puik."
"Ons het baie geloop en winkels gekyk, nie gekoop nie, dus kan ek nie juis kommentaar gee oor Margate nie. Al wat vir ons sleg was is die baie "tattoo" plekkies en die mense wat hulle so laat teken en inkleur al of hulle nie inkleurboeke gehad het toe hulle klein was nie. Dit is ons kommentaar nie die algemene publiek s'n nie."
"Nie so besig soos Margate hoofstrand nie, graswalle sal ook baie gewild wees soos by Shelley Beach."
"Uvongo sal beslis nommer een op ons lys bly. Die is baie veilig en rustig."
"Altyd lekker om in Margate te wees! Verskeie strande om van te kies en heerlike restaurante!"
"Die enigste kommer wat ek werklik kan uitspreek is oor die misdaad op die strandfront self. Dit was 'n teleurstelling wat definitief my keuse sal beïnvloed om weer daarheen te gaan met vakansie. "
"Baie mooi omgewing, klein maar rustig net wat mens nodig het om weg te kom van die gejaag van die lewe."
"Dis 'n baie mooi strand. En ek sal definitief aanbeveel laat mense daar gaan vakansie hou. Baie om te doen en soveel meer om te sien ook."
"Uvongo is magic! Ons het heerlik geswem en strandgeriewe gebruik en 'n fantastiese ete geëet by 'n plaaslike restaurant."