Verified Reviews
Middelburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Middelburg
Rated 3.5 out of 5 based on 267 reviews.
"Ons het laat middag ingeboek en sommer KFC gekry sodat ons vroeg kon inkruip. Vroegoggend lekker koffie gedink en weer die pad aangedurf. Presies wat ons nodig gehad het."
"Heerlike ete buite in tuin gehad by ander gastehuis se restaurant. Lekker skaaptjops."
"Aangesien een van die hoofroetes deur die dorpie gaan is dit gerieflik om daar te oornag. Soos alle klein dorpies is die verval merkbaar en hoop ons dat die infrastruktuur weer sal herstel. Die gawe mense maak egter op vir die dorp se tekortkominge. "
"Daar is nie veel om te doen in Middelburg nie en die paaie is baie sleg. Ek sal aanbeveel dat jy Middelburg besoek as jy vriende of familie daar het."
"Die dorp kom ongelukkig effe verwaarloos voor, en die strate moet beslis herstel word. Daar was stootskrapers besig om een van die strate op te ploeg, vermoedelik met die oog op die munisipale verkiesing."
"Mooi dorpie, maar ongelukkig is die paaie, soos by ander dorpe ook, baie sleg!"
"Geen ordentlike winkels behalwe n klein Spar. Sorg vir jou eetgoedjies voor jy daar oorbly."
"Vervalle dorp soos meeste ander munisipaliteite onder ANC beheer."
"Soos die meeste klein dorpies in Suid-Afrika is die verval in die dorp (en veral in die sakegebied) duidelik. Dit stem 'n mens onrustig."
"Ons sal Middelburg in die toekoms gebruik om te oornag op pad na George en Kaapstad."
"Middelburg, soos menige ander dorpe, het sterk toeriste moontlikhede maar dit word nie ontgin nie."
"Die Celtis Restaurant is aan te beveel vir heerlike kos en atmosfeer."
"A very well stocked Spar if you need to replenish any goodies for a long trip."