Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 267 resensies.
"Dorp en paaie is baie vervalle en vol slaggate. Eetplekke is skaars en die restaurant by die hotel waarna ons verwys is, se kos was swak. "
"Behalwe vir slaggate in die paaie, wat maar orals huidiglik in die land 'n probleem is, het ons dit baie goed ervaar. Selfs Karoo se restaurant se kos was heerlik!"
"Die dorpie is maar verwaarloos, maar almal op die dorp probeer om paaie op te knap en dit 'n beter plek te maak. Ek haal my hoed af vir hulle. Met ons aankoms was daar 2 groot vragmotors wat die dorp versper het a.g.v. goedere wat afgeval het en ons kon nie daar ry nie. Een van die boere het ons om die dorp gelei sodat ons by ons bestemming kon uitkom."
"Dit is 'n stil dorpie. Ons het nie lank genoeg gebly om die dorp mooi te verken nie. "
"Soos vele plattelandse dorpe in Suid-Afrika, is dit jammer dat die dorp en paaie uitmekaarval. Dit is eintlik tragies maar mens kan sien privaat ondernemings probeer hul bes om dit staande te hou."
"Oulike klein dorpie, maar baie vervalle. Die strate is vol gate. Nie vreeslike groot keuse van restuarante nie. Alhoewel die omgewing wel pragtig is."
"Nie veel wat in Middelburg gebeur nie en ook nie veel aandete- en ontbyt-opsies in dorp nie. "
"Ons het slegs deur Middelburg gereis op pad na 'n ander bestemming. Sou nie regtig veilig voel in die strate nie."
"Soos al die klein dorpies gaan dinge maar stadig agteruit. Maar hulle probeer ten minste weer nuwe "lewe" inblaas en daar is verbetering."