Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 3240 reviews.
"Kom al vir baie jare Hartenbos toe, vanaf ek self kleuter was. Beste bestemming vir vakansie."
"Ek het Mossebaai vir 'n deurgangsroete gebruik. Ek is seker dat indien mense 'n paar dae wil oorbly, dit ook 'n goeie opsie sal wees"
"Die dorp is skoon. Gerieflik, alles is bekombaar, mall net om die draai van alles. Die punt is wonderlik en rustig en om die branders en dolfyne en walvisse te sien, is 100% 'n gawe van Bo."
"Dit is 'n baie mooi plek met soveel strande om te besoek. Die mense is so vriendelik en behulpsaam om te help. Baie mooi plek."
"Ons het dit baie geniet. Die weer het nie saam gespeel nie, maar was baie lekker."
"Hartenbos (buite seisoen) is beslis 'n vakansie werd. Dit is veral opmerklik hoe skoon en netjies die hele Mosselbaaigebied is. Dit is duidelik dat die munisipaliteit hier werk om toerisme te bevorder!"
"Uitstekend! Dorp is pragtig skoon, vlak by George Lughawe en vriendelike, Afrikaanse omgewing."
"Die netheid van die dorp. Geen slegte paaie en veiligheid in die omgewing van Santos maak 'n vakansie die moeite werd. Genoeg lekker eetplekkies en heerlike staproetes. Mosselbaai die dorp van die jaar."
"City is very clean and the Dias Museum and St Blaize trail are excellent."
"Die mooiste en skoonste dorp. Winkelsentrums. Waterpark en soveel om jongspan mee besig te hou. Restaurante en kuierplek op strande."
"Mosselbaai/Hartenbos is die skoonste dorp/e wat ek van weet. Self met loadshedding was dit net weereens wonderlike om daar te kon kuier."
"Lekker vakansieplek. Baie rustig en veilig. Al die mense baie vriendelik. Jy het baie om te doen. Daar's 'n Zipline, akwarium, shark diving, waterplank, lighuis het ook 'n restauran. warm baddens, lekker goedkoop restaurante met die mooiste see-uitsigte."