Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 2132 reviews.
"Een van die beste plekke in SA vir 'n vakansie. Vriendelike mense en die dorp is uiters netjies en skoon."
"Ons het 'n draai gery na Mosselbaai maar met alles wat Hartenbos aanbied is dit nie nodig nie, ons het ook die mall besoek en by die Plaasmark baie lekker gekuier."
"Ons besoek Mossebaai twee keer 'n jaar. My tweede dorp. Ons maak al geruime tyd planne om te trek."
"Sal net 'n volgende keer op 'n langer vakansie gaan. Om Mosselbaai te ontdek."
"So baie om te sien en te doen! Ons het elke keer 'n lysie goed waarby ons probeer uitkom en ons kom nooit by alles uit nie!"
"Mooiste plek in hele wêreld! Veilige, skoon swemstrande. So baie om te doen in Mosselbaai vir oud en jonk."
"Mosselbaai is 'n pragtige vakansie plek. Nog skulpe op die strande en skoon omgewing. Vriendelike mense."
"Mosselbaai is nie verniet die nommer-een-munisipaliteit in die land nie. Met eerste oog opslag is dit duidelik. Alles werk. Alles is skoon. Daar is geen slaggate nie. Strande en openbare geriewe word behoorlik instand gehou en is skoon. Die verskeidenheid van toerisme aantreklikhede oortref ander plekke in Tuinroete. Mosselbaai is hoogste op my lys as dit by toeristebestemmings in SA kom."
"Stukkie hemel op aarde. Wens ons ander munisipaleteite kan dieselfde dienste lewer. Infrastruktuur is puik en in werkende toestand. Besigheidsentrums is ook in puik toestand, alles wat jy nodig het is daar."