Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Die natuurskoon is werklik ietsie wat ek voel elke mens moet beleef. Baie klein ou dorpie, maar pragtig en almal groet mekaar. Daar is baie om te sien en die bome, berge en watervalle maak dit 'n ekstra spesiale ervaring. Vir seker 'n uitstappie wat ek nooit sal vergeet nie."
"To be fair I did not investigate what's to do there, but it did not look like much. Lovely new mall though."
"Really nice place to holiday. Just a pity of all the rubbish next to the main road and in the Bush."
"Alhoewel dit Paasnaweek was, was dit gelukkig nie te besig in die omgewing nie. Dit was ’n aangename besoek."
"Inwoners is trots op hulle dorp en bewaar oudhede en geboue. Hartlike mense. Lekker eet- en kuierplekke."
"Oulike toeristebestemming. Fantastiese restaurante en winkels om in te wandel."
"Die pad tussen Dullstroom en Lydenburg kan regtig opgegradeer word. Die potholes is baie gevaarlik. Daar is ook te veel potholes in Lydenburg self. Mens moet maar mooi kyk waar en hoe jy ry. Jaag kan jy beslis nie."
"Paaie is in 'n haglike toestand, dit sal help as munisipaliteit iets daaraan kan doen."
"Baie lekker plek om te bly buite die Kruger met baie diere en genoeg geriewe. Die veiligheid van die oord/dorp moet verbeter word. Daar is reëls dat mense nie tussen 18:00 en -5:00 mag rondloop nie omdat daar leeus en ander wild by die oord kan inkom, maar daar is geen manier om 100% seker te wees dat die gevaar weg is in die middel van die dag nie, en gate in die heining bevestig dat daar probleme kan wees. Leeuspruit binne Marloth was wel ’n teleurstelling - Die bome deur die hele park is te dig om wild te kan sien en mens sien meer wild in Marloth self en glo mens het beter kans om leeus ens. te sien van die Krugerwildtuin se grensheinings wat oor die Krokodilrivier kyk."
"Die pad langs die wildtuin draad is toe as gevolg van vespoelings. Baie mense gaan om langs die draad te ry, so ek sal aanbeveel dat hulle dit so gou moontlik regmaak en dalk nog so paar roetes bysit."
"Ten spyte van die slaggate in en om Sabie is dit 'n baie lekker dorp vir 'n wegbreek uit die stad uit."
"Sad that we had to ensure that our motorcycle was parked behind locked gates for the majority of the stay due to the rate of motorcycle theft in the area."
"Marlothpark is so tops soos wat die inwoners en besoekers dit kan maak. Solank as wat ons kan hou by die reëls met betrekking tot geraas en privaatheid in verband met verskeie inwoners en besoekers sal ek en my familie Marloth nog baie besoek."