Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Ella's Self-catering Unit"Nelspruit is 'n pragtige plek. Ons geniet die natuurskoon daar baie!"
"Marlothpark is 'n lekker ontspanningsplek en ons het alle soorte diere daar binne sowel as van daar af gesien. Die Amazing Kruger View Restaurant is 'n fantastiese eet- en kuierplek en alles in Marlothpark is netjies, skoon en veilig. Dit is beslis 'n lekker plek."
"'n Wonderlike dorpie waar die straatdiere kudus, rooibokke, zebra en blouwildebeeste is. Naby geleë aan die wildtuin. Die perfekte vakansiebestemming vir almal wat lief is vir die natuur."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Be Our Guest"Dorp lyk nog goed in vergelyking met ander dorpe in die streek."
"Wonderlik, lekker! Baie goedkoper as Wildtuin en hope meer luuks!"
"Dullstroom is a great town surrounded by beauty all round. They have nice places to visit and hangout."
"Bly altyd baie lekker in Marloth. Geniet dit net so baie. Maar hulle sal moet iets doen aan hulle paaie wat op dele baie sleg is, veral in Seekoeiweg."
"Vir ons as familie bly dit 'n belewenis om na Marloth te gaan en altyd iets waarna ons uitsien!"
"Natuurskoon verruklik, in skrille kontras met die slaggate in die paaie."
"Goeie plek om as basis te gebruik om baie van die Panorama-roete te besigtig. Dorpie self is maar tipies van baie klein dorpies in SA en lyk effe verwaarloos."
"Asemrowend mooi en lekker. Sal vir seker mense aanbeveel om daar te gaan ontspan."
"Marloth is tops ─ sal enige tyd weer besoek. Love dit. Rustigheid, bos en diere."
"Kon ongelukkig nie baie van die plekke te sien kry nie aangesien ek vir werk en net 1 dag daar vertoef het."
"In Marlothpark is ligging van verblyf baie belangrik. Marlothpark is 'n goeie bestemming as verblyf om die Krugerwildtuin te besoek."
"A definite tourist destination to visit! Lots of accommodation, restaurants and curio shops."
"Marlothpark is 'n lieflike plek om te gaan asemskep en lekker te ontspan en familietyd te geniet. Sal altyd teruggaan soentoe!"
"Baie pragtige omgewing met baie om te doen. Sabie, Hazyview en Nelspruit bied so baie in die lyn van restaurante, staproetes, die Big Swing en die Zipline om maar net 'n paar te noem. Ek sal dit beslis aanbeveel."