Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6178 resensies.
"Baie mooi plekkie. Net te veel winkels wat dieselfde goed verkoop. Nie 'n verskeidenheid goed te koop nie. Ons was by die Graskop Gorge om ontbyt te eet en voel dat ons reeds die restaurant ondersteun, dan moet ons steeds ekstra geld betaal vir bewaringsfooi. Maar nou ja, baie mooi!"
"Ons spesifiek gegaan vir wildtuin. Sal weer gaan vir besienswaardighede in omgewing. Hazyview is heel sentraal geleë."
"As jy nog nie Marlothpark besoek het nie, het jy nog nie gelewe nie. Beste bestemming in die wêreld."
"Ons gaan al baie jare Marlothpark toe, dit was baie lekker, dit was net baie besig, daar was ook baie busse op Olifants wat baie vinnig gery het en ek is bekommerd oor hoeveel wild raak gery word. Daar moet ook strenger boetes wees oor rommelstrooiing, aangesien daar baie rommel rondlê, Dit is regtig 'n lekker plek en wil dit graag so hou."
"Oulike klein dorpie met verskeie staproetes om al die spinnerakke van die stad weg te vee."
"Graskop is baie verwaarloos en die dorpie is maar vuil. Maar daar is baie om te doen in omliggende area."
"Enigste versteuring was die geraas van musiek van oorkant die pad en nie in kamp self nie, omdat dit berge en dale is trek die klank."
"Ek hoop om te sien dat die dorpie in die toekoms groei as 'n toeristebestemming."
"Had a rump steak at The Dros which was excellent and service was very good."
"Dullstroom is unique and has many different shops to explore. A beautiful village that we as South Africans can be proud of."
"Good alternative to Kruger Park, to enjoy fauna and forest without using your vehicle as your own cage! Ideal for walking, running, biking and even driving for those who insist!"
"Dullstroom is wonderlik! Ons is baie lief vir Dullies en sal dit vir enige iemand aanbeveel. In die somer is die weer matig en lekker, en in die winter is dit koud, maar elke plek het lekker vuurtjies wat brand met 'n knus atmosfeer en as dit sneeu is jy dubbeld gelukkig!"
White River Country Estate, Mpumalanga
Bayhill Drive Lodge"Die estate is 'n baie mooi plek, pragtige natuurskoon, en dit is 'n residensiële landgoed met permanente inwoners, so die sekuriteit is baie streng. Iets wat wel ‘n bietjie pla is die landgoed se ingange (beide hekke) is op donker paaie geleë wat dit bietjie moeilik maak om te vind in die aand."
"Some of the roads are damaged badly and due to fact that there are no street lights in most of Sabie, it can become a costly affair with regards to tyres. Sabie is also quite far from the Kruger National park, intense drive there then drive again in the park."
"Ons was by historiese Pelgrimsrus en sal weer gaan, God's Window en Mac Mac Falls, by die Graskop Gorge Lift en Kaapsche Hoop. Daar is soveel meer om te sien, ons 4 daggies te min. Moenie die Hoedspruit Sanctuary met jou GPS probeer kry nie! "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Almar View Guest House"Mense ry baie vinnig daar, lyk nie of daar verkeerspolisie is nie."
"Die sekuriteit, of die gebrek daaraan was 'n bekommernis. As jy dalk by een van die groter Lodges oorbly dink ek jy is nie so bewus daarvan nie maar het nie regtig veilig gevoel nie. En dit het niks met die wild te doen nie. Daar is net geen beheer oor wie die park binnekom of verlaat nie. Die feit dat elke woning 'n alarm het en dat diefwering baie duidelik oral nodig is, skep nie 'n baie veilige gevoel of indruk nie. En dit is baie jammer."