Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Very nice, well kept reserve. The only thing I would recommend is maybe a better check-in system for more security. It seems that everyone just could drive/walk in without any registration of identification."
"Marloth Park is bos op sy beste en het die perfekte ligging vir wildtuinbesoeke. Marloth gaan ons beslis nog baie sien."
"Great destination, very convenient. Needs better network coverage though throughout the park for MTN. "
"Klaarblyklike werkers wat langs die pad oorkant die winkels rondlê en die plek bemors is 'n seer vir die oog en skep ook geleentheid vir ongewensde elemente om rond te hang. "
"Baie, mooi en rustige dorpie. Mense ook vriendelik wat daar woon. Kaapsehoop sal ons weer sien."
"Kaapsehoop is `n pragtige dorpie met baie oulike winkeltjies en restaurante. Dis heerlik om deur die dorpie te stap en nog lekkerder om die berg uit te loop en van die uitkykpunt af die laslappiewêreld daar onder te sien. Die natuurskoon, die outentieke gevoel van die dorpie, alles is net te pragtig. Nota aan self: onthou `n groot hoed en sonskerm volgende keer wanneer ons gaan stap!"
"Ek is van Sabie, daar skool gegaan en gewerk. Sabie sal altyd in my hart bly as een van ons land se mooiste bestemmings."
"Sekere van die paaie baie moeilik om op te ry. Rustige omgewing. Lekker plek om te ontspan, goeie ontvlugting van stad se gejaag. "
"Goeie afsaalplek naby Krokodilbrug. Restaurante of goeie eetplekke definitief 'n groot tekort. Die kos was definitief nie op standaard by van die restaurante nie, swak gehalte en duur. 'n Goeie wegneem-eetplek sal beslis 'n aanwins wees. Slaghuis was nie op standaard nie. Sekuriteit by hekke groot bekommernis. Ek is hoeveel keer in en uit die park en is nie een keer gestop nie. Ek het al baie by Marloth gebly en sal beslis weer soontoe gaan. "
"Baie dankie. Sal beslis weer gebruik maak. Dankie vir vriendelike eienaars."
"Daar is 'n groot verskeidenheid winkels in die dorp. Jy sal definitief kry waarvoor jy soek. Vriendelike mense in die dorp. Pad na Ermelo is beeldskoon om groen vlaktes te besigtig."
White River Country Estate, Mpumalanga
Pinehurst Place"Dit wil voorkom dat dit baie veilig is en is 'n mooi landgoed."
"Drade kan net meer gereeld nagegaan word. Het langs heining geloop en 'n massiewe gat opgemerk, seker 'n olifant sou daardeur kon loop."
"Dit was weereens heerlik gewees om God se skepping te aanskou met al die wild en die diere en al die babatjies. Sal dit vir seker weer doen. Baie dankie vir alles, ons het dit ten volle geniet."
"Superb place for bird watching. The village doesn't offer too much but the hotel was warm and cosy and had good food."
"Lekker rustige plekkie om te wees. Vir die wat 'n goeie restaurant soek: The Wild Fig Tree!"
"Heerlike plek om te wees, waar jy sommer allerhande diere by jou huisie kan sien. Dis naby aan die Malelane hek en Krokodilbrughek van die Kruger Wildtuin. Marloth Park het 'n winkel met ATM en verskillende restaurante om te eet."
"Dit is tans ongelooflik droog by Marloth Park, maar nogtans is daar 'n rustige atmosfeer en kan jy net ontspan. Dankie, het dit geniet."