Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Dit was voorwaar baie aangenaam om die dorp te besoek. Dit word goed instandgehou en oral netjies skoon. Parke en gemeenskaplike areas in dorp netjies. Dankie Middelburg."
"Met so 'n pragtige deel van ons land, dink ek meer kan gedoen word vir toerisme met betrekking tot skoner badkamers en diens in restaurante, veral in Graskop self. "
"Pragtige plekkie om te besoek. Die straatsmouse val mens soms baie lastig. Kan vir ure wandel in die pragtige dorpie"
"Goeie winkelsentrums, lekker koffiewinkels, naby Graskop en ander plekke wat ons kon sien. Sal graag hier wil aftrek."
"Baie klein dorpie. Dink die omgewing is baie nice vir diegene wat sport (fietsry, hardloop etc) wil doen. Naby Dullstroom, wat 'n lekker kuierplekkie is, en dan ook naby Sabie, Hazyview vir die wat hou van natuur. "
"Ons het heerlike plekkies ontdek wat onvergeetlike herinneringe gelaat het. Ons familiewapen met 'n geraamde horlosie by The Clock shop, heerlike vermaak by die Bohemian pub (BOHOBO) en prettige kopies by die geskenkwinkels, sjokolade winkel ens. Diens was orals so persoonlik en gemaklik. Sal vir seker Dullstroom aanbeveel."
"Ons was nog nooit op Ermelo nie en was verras deur die grootte van die dorp. Die paaie moet dringend herstel word en gemors opgeruim word. "
"Stunning plek, sal graag 'n plekkie daar wil hê."
"Ermelo se strate lyk baie sleg. Vol slaggate. Andersins is die dorp se mense baie vriendelik."
"Tans droog, maar ken daardie area, so was 'n dag in die Kruger Wildtuin en het alles gesien."
"Persoonlik sal ek teruggaan. Daar is so baie om te geniet. Langs die draad tussen die Kruger en Marloth afstap of ry is maar een."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Crocodile Nest"Ek ken Nelspruit goed en geniet die dorp. Daar's heelwat groot inkopiesentrums en moenie van die Ini Bos fees vergeet, wat elke jaar 'n hoogtepunt is."