Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Die geraas in die aand oor naweke is kommerwekkend. Die drank misbruik in die publiek oor naweke en partytjies in parkeerplekke is of van te skrik. Die polisie sal meer die tipe van element moet verwyder of beboet. Die Spar in Sabie was 'n baie groot bekommernis. Hulle het absoluut amper geen voorraad nie. Ons moes Graskop toe ry vir dit wat ons wou hê. In die parkeerarea het mense gedrink in die publiek en hulle motors se toere opgejaag en gedans, die polisie was nêrens te sien nie. Die Maandagoggend, 3 September, wat ons moes vertrek, was daar 'n optog in die hoofstraat naby die Engen-vulstasie. Ek verstaan elke dorp het onstoke inwoners, maar Sabie is 'n pragtige natuurwêreld waar 'n mens rus en vrede soek weg van die stad se lawaai. Dit was amper erger as in Johannesburg waar ons vandaan kom. Ek verwag van 'n dorp soos Sabie of 'n webtuiste om jou ten minste te waarsku van dié soort element sodat jy nie 'n verrassing kry as jy al klaar daar is nie."
"Meer aandag gee aan braaigeriewe, aandag gee aan die dreineringstelsel tussen die eenhede, as iemand bad of stort in eenheid 5, stoot alles op en uit by eenheid 4 se bad en wasbak in die kombuis."
"Marloth Park grens aan die Nasionale Kruger Wildtuin en die naggeluide is fantasties."
"Die park sal nog lekkerder wees vir kinders wanneer die waterpark eers klaar is."
"It is a stunning place to break away from the city and totally switch yourself off with the wonderful bush feeling. Feel like a new person after my weekend in Marloth Park."
"Het al voorheen in die area oornag en moet sê mens voel veilig en die mense is almal baie vriendelik."
"It is becoming commercialised with big water slides being erected. We also saw about 6 youngster walking down a street drinking beers and smoking. One misplaced cigarette would set the whole of Marloth on fire."
"Ons is mal oor Marloth Park. Ons kan lekker ontspan daar. En ons gaan gereeld Marloth toe. Ons is lief vir die natuur."
"Lieflike plek. 'n Groot pluspunt omdat die huise nie te na aan mekaar gebou is nie. Mens voel werklik of jy in die bos is. Die natuur en wild is op jou voorstoep."
"Marlothpark stel nie teleur nie. Dis 'n ideale wegbreek kans in die natuur. Kan nie vir beter gevra het."
"Ons het dit 'n onbegonne taak gevind om Waterval Boven of waterval onder te kry, en was op die ou einde huis toe sonder om een of die ander ooit te sien. Ons sou graag voorstel as dit moontlik is om dit prioriteit te probeer maak om hierdie besienswaardighede meer bekombaar te maak vir besoekers. Die Kruger huis was uitstekend in sy netheid en opsomming van geskiedenis kamer vir kamer. "
"Marlothpark as bestemming is puik, maar ek sal nie ons spesifieke akkommodasie weer gebruik of vir enige iemand aanbeveel nie."