Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"The roads in and around Hazyview and Graskop need much attention, they are terrible. You need to pay for every view/activity you now do in Mpumalanga (ETvl) so it makes it very expensive with a family. It is not the good old days any longer there."
"Ons sien dit as 'n ideale plek op pad na die Kruger Wildtuin. "
"Ons was in die eerste helfte van die week daar, en ongelukkig was baie van die winkels en stalletjies toe. Gevolglik kon ons nie als sien wat te siene is nie. Ons sal wel weer in die toekoms teruggaan! Die mense is oor die algemeen vreeslik vriendelik en behulpsaam, wat ons baie tuis laat voel het in die dorp. Ons het die mooiste horlosies gekoop, het heerlik gaan whiskey proe en ook ongelooflike lekker forel te ete gekry!"
"Jammer al die natuurbesoekpunte het nou 'n kostefaktor by. Gelukkig is dit in die meeste gevalle nog steeds bekostigbaar. Dit bly 'n pragtige wêreld en is gerieflik om vandaar ook die Krugerpark te besoek."
"Wanneer jy wil ontspan en rustigheid wil beleef dan is hierdie die plek om te wees."
"Ons het lekker gerus, hoef glad nie te gery het nie. Kon heerlik op die stoep sit en die diere geniet."
"Wakkerstroom is morsdood en stowwerig in die Winter, maar met die Lente en die lieflike Musiekfees is dit absoluut 'n heerlikheid om daar vakansie te hou. Die voëlkykgemeenskap is ook baie aktief tydens die groener maande en definitief die moeite werd om vir 'n langnaweek te besoek."
"My eerste besoek, maar ons kom spoedig weer terug. Ek sal Hazyview die basis vir 'n langer verblyf maak op ons volgende besoek."
"Die dorpie het baie agteruit gegaan. Nie meer dieselfde atmosfeer as 'n paar jaar terug nie."
"Watervalle in die omgewing is pragtig. Veral Lone Creek-valle en Graskop Lift Co maak die mooi plekke ook toeganklik vir mense wat nie so ver kan loop/klim nie."
"Dit is 'n mooi stukkie aarde maar die mens moet ongelukkig baie betaal om al die asemrowende plekke te sien."
"We are fortunate to live down the road in Nelspruit, but Kaapsehoop is our favourite spot for walking our dog and exploring the escarpment and we visit almost every Sunday. It is safe and clean, but can get very busy and desperately needs toilet facilities for casual visitors that aren't going to one of the restaurants or bars."
"Die personeel by die ingang hek het nie hulle werk gedoen met ons aankoms nie en eers 2 dae na die tyd agter gekom ons het nie 'n plakkertjie op die voertuig se ruit nie, moes toe eers inteken en hulle was baie ongeskik dink die personeel moet aangespreek word."