Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Wakkerstroom is 'n klein juweel op die platteland. Dit is geleë in 'n pragtige omgewing en ideaal vir die voëlliefhebber en 4X4 entoesias. Daar is besondere roetes rondom die dorpie met lieflike vleilande en roetes om te ry. Die dorpie self het goeie eetplekke waar ontbyt tot aandetes bedien word."
"Die dorpie benodig 'n bekende supermark soos Spar of groot Kafee. Nelspruit te ver vir proviante."
"Convenient location but that’s all. Nothing else to do apart from going into the Kruger. No little shops, nurseries or activities we could find."
"Moontlike padkaart na die verskillende besienswaardighede en nie net 'n telefoonnommer om te skakel nie. Ons het nie belsein gehad nie."
"Ons het geskiedkundige kontak met Wakkerstroom. Die gasvrou het aan ons baie goeie inligting kon gee."
"Ons het die Kaapsehoop se 2 dae staproete gedoen. Die Barrets coaches en die braai-area was baie vuil. Dis jammer dit word nie na gekyk nie. Die Kaapse hoop staphut was ook vuil. Die matrasse is gaar. Daar is 'n tekort aan goeie toesig om die plekke netjies te hou. Lyk of iemand nie omgee nie. "
"Mooi ou geboue. Net jammer die paaie is nie baie goed instandgehou. Die beeste in die dorp se strate op 'n besige, langnaweek Saterdag, ons was verstom."
"Sabie is pragtig. Die dorpie is mooi skoon en netjies, en mens kan sien die inwoners neem trots in hul dorp. Dit is perfek geleë om besienwaardighede in die area te sien. Ons sal vir seker weer soontoe gaan!"
"Die ideale plek om die natuur te geniet en te ontspan. Dit was 'n goeie wegbreek van die stad se geraas. Die algemene diens by Marloth Park se ingang was baie goed."
"Ons het Kingsview as 'n lekker stil omgewing ervaar en natuurlik maklike toegang na die pad tot Caster Bridge en ander winkels."
"Meeste restaurante slegs oop vir ontbyt en aandete. Hotel geen middagete. Sou nogal goed geld gemaak het as hulle middagete aangebied het. Daar was die naweek baie toeriste en mense wat deurgekom het vir die Vrydag, Saterdag en Sondag wat ons nog daar was. Baie het middagete gesoek wat moeilik bekombaar was. Die "Plaaskombuis" by die hotel het te min personeel gehad wat nie die toevloei van mense kon hanteer nie en baie mense het geloop nadat hulle lank gesit en wag het vir iemand om hulle bestelling te neem. Ons ook."
"Ek dink Marloth is die ideale wegbreekplek. Ons het grond daar en besluit nou om te gaan bou."
"If you make the effort, there's a lot more to Dullstroom than just the popular places along the main street."