Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hippo WaterFront Lodge"Ons het alles gedoen en gesien wat daar is om te doen. Die Toggoban vir seker 'n hoogtepunt, sowel as die Scootours in Kaapse Hoop."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Oppiplaas Oornag"Heerlik en so mooi, die natuurskoon is die beste medisyne vir mens se siel, regte sielskos."
"Marloth Park is nie vir my/ons `n bestemming of net `n plek nie, dit is `n ervaring. As jy nog nie daar was nie, maak `n plan, sit dit op jou 'bucket-list, mits jy van die natuur hou."
"Skoon rustige plekkie. Dis glad nie soos die stories wat buite rondloop nie, ons was daar en alles in en rondom Sabie bestaan en is nog soos die ou dae, behalwe dat jy orals moet betaal om in te gaan, maar dis te verstaande. Ons het die lieflikste opwindendste besige naweek gehad. Ongelooflik geniet."
"One of the best towns I have visited, absolutely a must see. Don't forget to make a stop at the Loggers Pub and Grill as well as the Smokey Train."
"Beveel dit aan vir enige iemand, lekker rustige plek en goedkoper as Kruger wildtuin."
"Pragtige plekkie soos ons dit onthou. Die dame van 85 jaar was in ekstase oor Graskop. Dis tog vir ons of die dorpie bietjie stiller is en nie so bedrywig soos vroeër jare nie, alhoewel dit vakansie seisoen was. Nog steeds die moeite werd om te besoek. Die beste was beslis die Graskop Gorge hysbak. Wat 'n belewenis! 'n Moet om te besoek."
"'n Heerlike, klein gemeenskap met die vriendelikste mense. En voorsien aan al jou behoeftes. "
"Mense is vriendelik, 'n dorpie met pragtige natuurskoon. Ons sal Dullstroom enige tyd aanbeveel as mense net wil rustig raak en ontspan. "
"Ek is mal oor Marloth. Het dit eers in 2017 ontdek, en nou kan ek nie genoeg kry nie. Ek sou dit waardeer het as die grondpaaie dalk net meer gereeld aandag geniet. 'n Tweede onderdak uitkykpunt sou lekker gewees het. Ons het nie almal 4X4 motors nie. Anders as dit is dit so gerieflik, baie skoon en regtig wêreldklas. "
"Ongelooflike omgewing en natuurskoon met baie besienswaardighede. Beslis 'n top toeristebestemming vir enige ouderdom!"
"Die pad tussen Hazyview en Sabie is baie sleg met groot gate, maak die gebruik van pad amper onmoontlik."
"Ongelukkig nie genoeg tyd gehad om te verken nie, maar genoeg gesien om terug te wil gaan om te verken."
"Marloth Park was baie lekker veral die diere wat besigtig kan word. Dit is ook baie gerieflik om die Kruger te besoek. Ongelukkig die twee restaurants wat ons besoek het, het baie swak diens gehad en ons moes baie lank vir ons etes wag. Leeuspruit was ook teleurstellend. "