Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Lizard Rock"Ons het ook gedurende die fees die Laeveld Botaniese Tuin besoek. Dit was mooi en 'n besoek werd."
"Marloth vir ons is 'n bekostigbare alternatief om naby die wildtuin te wees. Dit is basies die redes waarom ons op Marloth besluit wanneer ons daardie kant toe wil gaan."
"Dit was 'n besige langnaweek en ons het baie lank tougestaan by die wildtuin se hekke. Wenk nr.1 vir voornemende besoekers oor langnaweke en skoolvakansies is om vooraf besprekings te maak vir dagbesoeke aan wildtuin. Dit kan op SANparke se webruimte gedoen word."
"Ons het net oornag op pad na Graskop, maar ek glo daar is genoeg in die dorpie om jou paar dae besig te hou, veral as jy hengel. Ek moet noem dat ons by die Transvaal restaurant ontbyt geëet het, ek beveel dit hoogs aan."
"Verwag lang toue by die Wildtuin se toegangshekke gedurende veral langnaweke en skoolvakansies, wanneer die toegelate kwota dagbesoekers beperk word. Dit is raadsaam om vooraf 'n dagbesoekerbespreking uit te neem vir die dae wat jy die wildtuin wil besoek."
"Schoemanskloof was nog altyd ons gunsteling stop plek op ons pad na Mosambiek. Die Joubert en Seuns padstal was beslis 'n hoogtepunt.(Hulle het ongelukkig die resep van hulle vars lemon sap so effens verander, so ons koop nou net een in plaas van 8 bottels) Dit was altyd 'n heerlike beeld skone pad, maar ongelukkig deesdae vol vragmotors en jaag duiwels. Die stukke padwerke is 'n nodige, maar ook gevaarlike en irriterende store van sy eie."
"Ons is 'n groep motorfietsryers en is bekend met Dullstroom. Ons geniet dit altyd om daar te stop en rond te loop om al die plekkies te sien en lekker te kuier. Dis pragtig daar en die eetplekke is altyd 'n belewenis."
"Nelspruit is 'n pragtige dorp tussen heuwels. Nie so seker ek wil daar vakansie hou nie, maar perfekte oorstop op reis vanaf Mozambique."
"Ietwat teleurgesteld in die toestand van die dorp Hazyview. Het onveilig in die dorp gevoel en die dorp is verwaarloos!"
"Robbers Pass, not recommended as the route to Pilgrims Rest, as in a shocking condition due to really large potholes and not always visible as shaded by the forests."
"Heeltemal oorbluf met al die winkels en heerlike eetplekke en natuurlik avontuur aktiwiteite om te doen."
"Ons was gelukkig want ons was by 'n restourant op Wakkerstroom en toe ontmoet ons die eienaar, baie aangename vriendelike mense."
"Dullstroom is pragtig en daar is baie wonderlike plekke waar 'n mens kan tuisgaan."
"Hazyview was maar nog altyd 'n baie mooi plek, veral in die winter met die mis en die area naby die wildtuin."
"Sal nie Piet Retief beskryf as 'n toeristebestemming nie, maar eerder as 'n oornagopsie vir enige verdere reisplanne na die Natal se Noordkus en omliggende areas. "