Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Alhoewel dit 'n baie ou dorpie is, is daar steeds in en om die omgewing plekke wat die moeite werd is om na te gaan kyk en sommer net lekker te ontspan en rus."
"Dit is 'n fatastiese natuurskoon. Ons het al die plekke/watervalle in Graskop, Pelgrimsrus en Sabie besoek. Was 'n wonderlike naweek gewees. "
"'n Besoek aan Sabie Valley Coffee Roastery is 'n moet. Hulle verskaf die heerlikste vars koffie en die beste wortelkoek in die land!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
@OppiePlasie"Nelspruit is 'n pragtige plek, so baie om te sien in en rondom Nelspruit. Ek beveel aan dat almal 'n draai by God's Window, Potholes en die Drie Rondawels gaan maak, asook Kaapschehoop. "
"Lekker sentraal geleë om as basis te gebruik om al die toeristebestemmings in die area te besoek. En daar is heelwat!"
"Die paaie om daar te kom is te treurig - padwerke veral op Malelane-pad. "
"Marloth Park is ons oase waar ons weer kan batterye laai. Ons is nog nie een dag spyt dat ons dit ons "basiskamp" gemaak het nie. Dit is naby genoeg om die Wildtuin dikwels te besoek, maar daar is net soveel te sien in Marloth Park self. "
"Pragtige, skoon, veilige dorpie. Elke restaurant bedien heerlike kos en die personeel is vriendelik. "
"Behalwe vir die toeristesentrum (plek met verskillende restaurante) wat regtig uitstekend is, is dit nogal ongerieflik dat beide sentrums se winkels so vroeg toemaak, maar dis seker maar omdat dit so 'n klein dorpie is. Baie gerieflik as mens die Wildtuin wil besoek."
"Kaapsehoop is a great break away for a few days or just to spend the day. Make sure you walk to the escarpment edge / view point."
"Ongelukkig baie bedelaars en mense wat goed aan jou wil verkoop. Verder 'n pragtige dorpie."
"Marloth is 'n lekker plek om te bly met maklike toegang tot die Kruger Wildtuin. Die restaurante in die omgewing kan ook aanbeveel word."
"Marloth Park is soos 'n klein beskawing in die bos, dis n klein gemeenskap en almal is baie behulpsaam en vriendelik. Die wild wat rondloop is ook 'n groot trekpleister vir ons. "