Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Pragtige dorpie, maar daar is vir seker 'n tekort aan 'n kruidenierswarewinkel. Die klein padstal kon gelukkig aan ons 'n paar aartappels verskaf, maar vat maar liewer saam wat jy nodig het."
"Hoofpad baie besig. Die natuur is pragtig met die rivier al in die kloof. Baie voëlspesies om na te kyk."
"Mpumalanga is 'n gunsteling. Die natuurskoon oorskadu die slegte paaie."
"Marlothpark is die ideale bestemming vir enige natuur liefhebber. Marlothpark se munisipale dienste is egter baie swak. Vuilisverwydering traag. Paaie en stormwater infrastruktuur baie swak."
"We have so enjoyed our trip to Mpumalanga. The area is really beautiful and there is so much to do - whether you like active holidays or just to relax and enjoy being in nature. Some of the roads have quite hectic potholes but mostly the drive was decent. I wouldn't drive at night. Some of the little towns (Sabi, Hazyview, Graskop) in parts are really looking good - others not so much. But we can't wait to come back and explore."
"Sou graag meer inligting oor die voëls en waar om voëls te kyk, wou hê. Geen kaart van voëlkykroetes beskikbaar nie."
"Ons het Marlothpark vreeslik geniet, maar hulle paaie is net rof! Maar dis maar die bos."
"Klein dorpie, interessante mense, goeie kos, tyd staan stil. Sal weer en weer teruggaan."