Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Dullstroom is net 25 km weg maar dis 'n grondpad so wees maar versigtig. Ons het gereeld daar gaan eet."
"Nature's absolute BEST. If it's peace of mind you're after then Graskop is the place to be at!"
"We will be back in the area in a few weeks time, the area seems to be a hidden gem."
"Graskop self is 'n dorpie naby aan ons harte veral vir die asemrowende natuurskoon rondom die dorpie. Dit was vir ons opmerklik dat jy GEEN bedelaars in en om Graskop aangetref het nie wat al klaar vir ons 'n GROOT pluspunt was - elke ou werk vir sy inkomste al is die bydrae baie klein. Ons het Harry's se pannekoeke daagliks geniet, ons het Abe se gasvryheid by die Glass House baie waardeer en die kos voorwaar uit die boonste rakke. Die big swing is vir ons ook n groot aantrekkingskrag en ons gaan jaarliks terug net om te kyk hoe die manhaftiges spring. Die dorpie is besonders skoon vir al in aggenome met al die toeriste wat daar daagliks deur beweeg. Ons waardeer die verkoopspunte wat gebou is by die verskeie toeriste aantrekkingspunte dit kom baie netjies voor en is 'n lus vir die oog. Ons hoop dat die toeristeraad ook so iets sal doen by Pelgrimsrus wat op die oomblik 'n seer oog is maar kultuur is wat naby aan elke Suid-Afrikaner se hart lê! Die kos in die Royal Hotel is nogsteeds van uitstaande gehalte en ondanks die plakkershutte wat as verkooppunte staan het ons Pelgrimsrus op 'n manier geniet net jammer vir die onooglike stalletjies! THABA TSWENI LODGE sal ons enige dag aanbeveel en onsself sal ook in die toekoms van die Lodge gebruik maak. Graskop sien ons beslis weer in die nabye toekoms!"
"Jy het als wat jy nodig het bymekaar van restuarante, wegneemetes en net genoeg ander winkels waar jy jou nodige inkopies kan doen en naby genoeg aan verskeie toeriste besienswaardighede."
"Ek was verbaas dat daar soveel oorde in daardie omtrek is. Dit is ideaal vir oorslaap veral in seisoene wanneer die wildtuin so vol bespreek is. Hulle adverteer net nie genoeg nie. Dit moet in die buiteland ook geadverteer word as dit nie alreeds gebeur nie. Kaapse Hoop word nie genoeg langs die pad geadverteer nie en ook miskien 'n groot bord by die ingang en uitgang van Boven langs die pad sit wat bv. sê Welkom in MPUMALANGA se vakansie oorde ,jou halweghuis na die Krugerwildtuin. Dan 'n lys van die die blyplekke sit met die telefoonnommers langs die naam. Die vakansie oorde kan maandeliks ietsie bydra vir die advertensie."
"Uistekende plek om net rustig te wees na 'n jaar van werk, werk en werk. Sal in die toekoms weer daar gaan oorbly. "
"Graskop is by verre die beste dorp t.o.v. ligging. Baie sentraal en selfs naby Krugerwildtuin. Ek sal beslis weer daar gaan oorbly."
"Kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie. Ons was net vir een dag lank daar. Daar is wel heelwat dinge om te sien en te doen in die omgewing wat 'n besoek aan Malelane die moeite werd maak."
"Restaurante se kombuise oor naweke reeds teen 21:00 gesluit. Sou lekker wees as ons 'n bietjie later kon kuier, veral vir laat arrivering van Johannesburg. "
"Graskop is 'n baie interessante plek en ons was al baie daar gewees. Die beste restaurant is die glas rondawel, nie seker oor die naam nie, maar die kos is ongelooflik lekker!"
"Regte plattelandse atmosfeer behalwe dat die nuwe bedeling afbreuk doen aan die toeriste aantrklikheid. Niemand wil "Made in China" produkte koop nie."
"Ongelooflike plek met als wat 'n person soek! Kan nie glo hoe Witrivier uitgebrei het nie!"
"Marloth Park is 'n baie oulike toeristebetemming maar ek dink daar is te veel loslopende mense wat rondloop."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate"Ongelooflike skoon en vriendelike dorp. Was aangenaam verras om Nelspruit te sien na al die jare. Sal beslis meer gereeld Nelspruit besoek."