Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Dullstroom self is wonderlik. Baie lekker vir 'n naweekwegbreek. Allerhande interessante goed om te doen."
"Ons het gelees van spesiaal ontwerpersfonteine maar ongelukkig word dit nie onderhou nie!"
"Dit was ons eerste besoek aan Hazyview. Ek beveel aan dat al die kleiner winkeltjies - weg van die groot winkelsentrum - besoek moet word. Dit is juis daar waar die wonderlikste en unieke artikels gekoop kan word ─ nastergaal-, maroela- en moerbeikonfyt, om net 'n paar op te noem. Hazyview is ook sentraal van al die ander besienswaardighede en dorpe. "
White River Country Estate, Mpumalanga
Rose Cottage"Landgoed verleen homself vir rustige ontspanning. Golfers, soos ons, vind die gholfbaan baie uitdagend. Pragtige damme, voëls en natuur in landgoed. Ideale vakansie bestemming vir toeriste. Sekuriteit uitstekend."
"Absoluut goed geleë nie te ver van Johannesburg/Pretoria af nie en naby Dullstroom! "
"Baie mooi , koud in winter, daarvoor is voorsiening gemaak, met kaggelvure. Restaurante bedien puik kos."
"Nogal jammer dat so 'n mooi dorp op die afdraande pad is. Einde-van-die-maand-naweek en dit was duidelik verlate. Die kroeë en restaurante het amper geen besigheid gehad die twee beste aande van die maand nie. Baie, baie jammer want dit was altyd baie besig. "
"We love the Eastern Transvaal, go there every December. The scenery is awesome. We do a lot of motorbike riding."
"Dis 'n ontvlugting van die daaglikse lewe. Ons wou nie terugkom na ons tuiste nie. Het heerlik ontspan met die natuur en die berge om ons."
"Doen die voëlpark, whiskey, bierproe en maak seker jy eet 'n ontbyt by art of food! Beste restaurant in Mpumalanga! "