Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Ermelo is 'n mooi, ou, plattelandse dorp wat ek sedert my kinderdae in die 1960's ken. Ongelukkig het onlangse dienste en verwaarlosing van infrastruktuur baie skade aangerig. Dit is feitlik onmoontlik om in die dorp te bestuur sonder om die slaggate raak te ry. Die toegangsroete na Ermelo vanaf die N4 raak ook 'n probleem en ek glo steenkoolmynbedrywighede raak toerisme in hierdie area negatief."
"Dit was ons eerste keer by Marlothpark en ons sal oor en oor terug gaan. Ons harte het in Marlothpark agter gebly toe ons ry. Dit was wonderlik"
"Die strate is baie sleg, maar dit is iets buite beheer van gastehuis eienaars en dit is ook nie net Witbank se strate wat aan die opbreek is nie. Dit is die geval oor 'n groot deel van ons land."
"Daar moet dringend werk gemaak word aan die paaie. Paaie is op party plekke onbegaanbaar a.g.v. slaggate."
"Great plek met vriendelike mense en die natuur is net iets anders. Ons kan nie wag om weer te gaan ontspan en ontsnap van die besige JHB nie. "
"Awesome. The Waterpark is overpriced for what you get.The Giraffe restaurant was awesome."
"Bied waarde vir geld as toeristebestemming. Die dorp het alles wat jy benodig teen bekostigbare pryse. Marloth se inwoners is baie vriendelik. Enigste negatiewe punt is dat baie van die strate in 'n swak toestand is na die oorstromings, en nie geskik is vir alle motors nie."
"Ons sal Kaapsehoop definitief meer gereeld besoek, veral in die winter met al die aalwyne, wilde perde en natuurskoon."
"Ideale plek om te bly indien jy die Nasionale Kruger Park wil besoek. Weer baie gematig gedurende die winter."