Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Soos talle klein dorpies is die verval agter die hoofstraat hartseer, en kan mens maar net hoop dat dit nog ‘n toeriste-aantreklikheid in die toekoms sal bly."
"Die dorpswater kan nie gebruik word nie! Paaie is gemiddeld en die winkels en restaurante is tops!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
@ The Mitchell's"Die besoek aan die botaniese tuin was teleurstellend. Die besoek was nie waarde vir geld nie."
"Marlothpark is omring met voëls, diere en naby aan Kruger Park. Die grondpaaie is soms ongemaklik met gate en ongelyk, maar is deel van natuur."
"Kan dit gerus as stopplek oppad wildtuin toe gebruik en jy sal definitief meer wild hier sien as in die wildtuin."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
@ The Mitchell's"Ons het die afgelope jaar gereeld Nelspruit toe gery vir kinders se aktiwiteite. Pragtige dorp."
"Marlothpark is ideaal as jy naby genoeg aan die wildtuin wil wees vir 'n daguitstappie of twee. Ons het werklik die "bosgevoel" gehad met soveel diere op ons voorstoep. Doen inkopies vooraf, want die winkeltjie in Marlothpark was nie watwonders nie."
"Kiepersol is vir seker dié toeristebestemming. Die eet plekke baie dinge om te sien in die omgewing veral Graskop Lift Co net buite Graskop ongelooflik en natuurlik Harry's Pankakes baie lekker circle roete om te ry. Sabie en Pelgrims baie mooi."
"Toegangroetes is 'n groot probleem. Die N2 (Hendrina oor) is 'n baie gevaarlike, nou pad om by Mkhondo uit te kom/oornag. Alhoewel min slaggate as sulks, is die pad baie ongelyk weens die teer lappieskombers. Saam met hoe troklading en ander oponthoude soos betogings, brandende bande verleng dit aankomstyd by bestemming aansienlik. Dit skep frustrasie by alle motoriste en die padreëls word roekeloos oortree."
"Netjiese, skoon dorpie, dit wat ons kon sien. Pragtige, bergryke omgewing met plantasies. Baie trokke en padverkeer tussen Ermelo en Mkhondo."
"Het nie vir een oomblik onveilig gevoel nie. Sal Marlothpark graag wil sien na die eerste reën. Heerlike dorpie op sy eie."