Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Wat 'n spesiale deel van ons land, vriendelike mense, interessante en besondere natuurskoon."
"Die dorp het skynbaar sy eie politieke en bestuursprobleme, maar die skoon strate, ten spyte van slaggate in sommige, was opmerklik. "
"Lieflike berge om te klim en vriendelike mense. As jy wil weg breek van die gewoel van die stad is Springbok jou plek!"
"Die Tauren is 'n restaurant wat 'n besoek werd is met heerlike goed voorbereide disse en topklas diens. Ons het ook die Springbok Inn besoek, maar behalwe dat dit baie mooi is nie getoets om dit te bepunt nie. 'n Baie woelige dorp veral oor 'n naweek."
"Die mense is vriendelik en behulpsaam. Besoek gerus die koffiewinkel. Jy kry meer as net kliëntediens daar."
"It is very difficult to get around when you are unfamiliar with the area but the people are more than happy to lend a hand."
"Namakwaland het 'n ander tipe bekoring waar die wolke in die lug altyd 'n skilder doek vorm wat elke dag nuut en mooi geverf word deur die beste Skilder van alle skilders."
"'n Oulike plekkie met wonderlike vriendelike mense. Dit was wonderlik om daar te bly en lekker te rus."
"Rustige atmosfeer. Gawe mense. Kos uitstekend. Stil en mooi area. Besoek die plek gerus."
"Die mense van Springbok is vriendelik en hulpvaardig. Baie moet nog gedoen word om die stad skoon te maak. Daar is ook te veel grondverspoeling wat oral lelike merke aan die mooi natuurskoon los."
"Ontoereikend as jy laat aand jou bestemming bereik - daar is geen restaurante of winkel na ure oop nie. Sou dit aanbeveel slegs as oornag verblyf."
"Springbok Lodge is the place where one can buy reading material, not so easily available in other bookshops."
"Lekker afgesonderde area - omtrent net vakansiegangers. Restaurante en winkels so 4 km weg in Port Nolloth."
"Selfs buite seisoen is Springbok 'n pragtige omgewing. Die witkruisarende (wat die motivering vir Arendsnest se naam is) was 'n aangename verrassing! Ek kuier graag weer in Springbok."
"Springbok is regtig 'n juweel in Namakwaland, mense is almal baie vriendelik en behulpsaam met aanwysings en aanbeveling vir eetplekke en enige navrae. Daar is meer as net klip en sand in Sprinbok. 'n Mooi natuurskoon, anders en dit baie geniet. "
"Die lodge is naby genoeg aan Springbok om jou inkopies te gaan doen vir jou reis verder, maar steeds vergenoeg dat dit glad nie voel of jy naby 'n dorp is nie."