Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Dit is 'n goeie bestemming vir besigtigingstoere in die omgewing. Die Namakwa Nasionale park se skilpadroete begin nie ver hiervandaan nie. Ons het ook die roete oor die Kamiesbergpas na Leliefontein en die Studerspas verken. Verder is dit ook nie ver van plekke soos Garies, Hondeklipbaai en Springbok nie."
"Springbok was regtig die verrassing van die reis. Groen en pragtig. Nie aan te veel mense vertel nie."
"Ons was verras deur die grootte van die dorp en die toeriste-fasiliteite."
"Namakwaland en sy mense kruip diep onder 'n mens se vel in wat jou verseker weer sal terugneem daarnatoe. "
"Daar is baie toeriste aantreklikhede en die dorp self het alles wat 'n toeris nodig het. Oral waar ons beweeg het is ons vriendelik gehelp en die mense van Springbok is warm, sout van die aarde mense."
"Mens se hoogste verwagtinge word oortref. Inligtingsentrum was baie vriendelik en behulpsaam. Sal die dorp weer besoek."
"Die ou spreekwoord bly maar waar: mens huil twee keer in Namakwaland, die dag wat jy daar aankom en die dag wat jy daar weggaan. 'n Amazing plek met amazing mense, ek sal altyd teruggaan soontoe!"
"Bemark die plek beter! Maak daarvan 'n toeristetrekpleister waar mense op pad na Namibië sal wil oorbly."
"Uitstekend. Bou voort daarop. Dis 'n besondere deel van ons land en kan floreer op toerisme."
"Rustig en veilig. Mense is baie vriendelik en Crazy Crayfish resaurant was baie lekker met Charles en Natalie. Hierdie mense ken die omgewing en is baie gemaklik en vriendelik."
"Baie lekker atmosfeer en baie vriendelike mense. Ek moet Charmaine van die Munisipale Verkeersafdeling uitlig - wat 'n wonderlike mens."
"Die eienaars was uiters behulpsaam toe ek 'n probleem met een van die agterruite van die motor ervaar het. Het my direk na die regte instansie toe gestuur. EMC Paneelkloppers in Springbok het die probleem vinnig en baie vriendelik opgelos. Op die "koop" toe wou die eienaar geen betaling aanneem nie. So iets kry jy nie maklik in Pretoria nie. Hierdie vriendelike vrygewigheid is die soort gebaar wat maak dat 'n mens weer daarheen wil gaan. Die ander groot lekkerte is dat almal onbeskaamd Afrikaans praat. Blykbaar het die taal van die linguisties verarmde eilandbewoners, wat 10 000 km van hier af woon, nog nie by hulle uitgekom nie. Hou dit so. Dit maak Namakwaland net nog lekkerder."
"Springbok en omgewing bly nog al die jare 'n pragtige toeriste bestemming, hierdie deel van Namakwaland is 'n moet sien en O'kiep Hotel se buffet-etes kan nie mis geloop word nie, beste in omgewing. "
"Springbok is 'n wonderlike plek vir toer van die blomme en om in sand en klip fiets te ry."
"Namaqualand and the route taken to Noup was outstanding, but the roads, oh my dear, the roads were a challenge and I believe that more information could be disseminated about this (here I talk of the Kleinsee to Kakamas route). The route from Kamieskroon to the park passes through some of the most outstanding mountainous regions I have seen. Abundant flowers were evident nearly all the way. But a route not for the faint at heart. Would I do it again? Of course! "