Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Namakwaland het sy eie bekoring en die mense is spesiaal. Definitief 'n moet vir enigiemand wat Suid-Afrika beter wil leer ken."
"Goeie plek vir inkopies tussen selfsorgplekkies ver weg. 'n Baie mooi en interessante dorp. "
"The town is clean and safe. The people are warm and friendly. Could do with a few more good restaurants."
"Springbok Lodge where we ate was really good and the memorabilia displayed there very interesting. We would like to come again on our way to Namibia or when it is flower season."
"Was al baie daar en geniet Springbok Lodge se restaurant. Baie om te sien."
"Kleinzee / Kleinsee is 'n fantastiese plekkie. Winkels: daar is 3 grocers / kafees op die dorp, ‘n slaghuis, ‘n petrolstasie, ‘n kwekery, ‘n drankwinkel sowel as ‘n koffiewinkel of twee. Goed om te doen: daar is pragtige strande waar jy vir kilometers kan stap sowel as geboude, beskutte braai areas op die strand, daar is die kronkelpaaie tussen die duine wat jou lei na “jou eie” stukkie strand as jy net ‘n kilo of so verder af ry met die strand. Daar is ‘n baie mooi gholfbaan waar jy kan drankies drink en ‘n potjie gholf speel, ‘n speelpark vir die kinders met swaaie en rondomtalies. Sowel as ‘n klomp ander plekke waar jy dinge kan doen, die museum is ook oop, ons het ongelukkig net nie tyd gekry om daarby uit te kom nie. Kleinsee is nie ‘n plek soos Margate of Plet nie, moet glad nie Kleinzee toe gaan as die noordkus atmosfeer is wat jou bekoor nie, jy gaan baie verveeld wees. Vir die wat sielsrus en ontspanning soek sou ek sê die is die ideale plek. My vergelyking: as jy al ooit in Walvisbaai, Namibia was sal jy weet wat ek van praat."
"Meeste mense mag dalk nie daarvan hou nie, maar ons is mal oor Namakwaland sonder blomme ook. Die rustigheid is voedsel vir die siel."
"Mees aangename verassing in 'n lang tyd. Dis pragtig! Die klipkoppies verras telkemale met verskillende kleure en plantegroei. Die dorpe is skoon en vriendelik. Beslis die moeite werd."
"Sentraal geleë om dagtoere te onderneem na Nababeep, Port Nolloth, Kleinsee ens. Moeite werd om die dorp te verken en meer te leer oor die geskiedenis en ontstaan van die dorp en die mynboubedrywighede. "
"Kleinzee is veraf geleë, vrek stil, soos mens maar van so 'n klein kusdorpie verwag. Daar is twee paaie soontoe, die wit pad en die rooi pad. Ons was aanbeveel om die rooi pad te ry (albei is grondpaaie) wat oor Kommaggas is en baie korter en in 'n beter toestand is as die wit pad. Ek het al daardie paaie met 'n Hyundai i30 gery sonder enige teenspoed."