Verified Reviews
Nieu-Bethesda
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nieu-Bethesda
Rated 4.6 out of 5 based on 766 reviews.
"This is one of the must-see towns in the Karoo. We were surprised by the quality of the food served at the Waenhuis restaurant."
"Very interesting history and the Owl House is a must. Impressive art by a formidable artist, Helen Martins. Sad personal history, but important SA heritage contribution. "
"As jy nog nie by Nieu Bethesda gekuier het nie, al die pragtige plekkies besoek het nie en nie op Oom Jacob se Donkiekarretjie gery en na al sy stories geluister het nie, mis jy baie!"
"Oulike interessante dorpie. Wat definitief besoek moet word. Die mense van die dorp is baie vriendelik, hulpvaardig en ook verwelkomend."
"Lovely to see new restaurants and still the same place we remember from years gone by!"
"Dit is 'n baie oulike dorpie. Het baie daar geleer. En die mense is baie vriendelik. "
"Hierdie plek is na ons mening 'n moet-besoek. Wonderlike plek en die donkiekarrit saam met Jacob was 'n belewenis."
"Weet dit sal dalk nie in almal se smaak val nie, maar ek was al 'n paar keer daar en sal weer gaan. Probeer elke keer iets koop by die kunstenaars buite die Uilhuis, hul pryse is billik. Dorpie en mense met soveel hart & warmte."
"Kredietkaart-fasiliteite meer toeganklik. Oulike plekkie. Kan donkiekarrit hoogs aanbeveel. Kunstenaars paradys!"
"As jy opsoek is na 'n aangename verrassing is Nieu-Bethesda jou antwoord. Selfs die onbekende plekkies is fantasties. "
"Die plek is wonderlik! Rustig, rustiek en perfek om af te skakel en batterye te laai. Moet net nie te lank gaan nie."
"Almal moet eenmaal in hul lewe dit besoek. Die uilhuis is natuurlik ‘n moet, maar dit is nie al wat daar te doen is nie. Donkiekarritte, boetiek bier, kaas, heerlike eetplekke, kuns, geskiedenis en pragtige natuurtonele is maar van die dinge wat dit die moeite werd maak."
"Dit is 'n lieflike dorpie en die plaaslike gemeenskap laat besoekers voel asof hulle al jarelange vriende is."
"Nieu Bethesda is in sy eie klas en kan nie vergelyk word met ander toeristedorpe nie. Dis vir mense wat afgesonder wil wees. Dis baie stil en rustig."
"Dit is 'n veilige en vriendelike dorpie. Ons beveel die fossieletoer wat jy by die Uilhuis kan bespreek, sterk aan. Die gids is bevoeg en belese. Die aandlewe sal jou teleurstel. Ons het gesukkel om 'n restaurant te kry wat oop is en dan wil hulle reeds 8 uur sluit. Martin van die Towersrestaurant was in die geval baie tegemoetkomend."
"Daar heers 'n ongelooflike rustige atmosfeer, maar daar sal moet aandag gegee word aan kliëntediens, asook van die plekke wat baie verwaarloos en onnet is. The Tower restaurant sal ek definitief aanbeveel, dit was die enigste restaurant waar ons vriendelike diens ontvang het en die plek was uiters netjies en versorg."